Super Rugby

Nuwe kaptein vir Lions teen Reds

2011-03-31 14:33
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Lions het op verrassende wyse die kapteinsarmband by Franco van der Merwe afgeneem vir Saterdag se Super Rugby-kragmeting teen die Reds in Johannesburg.

"Ons het as 'n span saam besluit om die kapteinsarmband aan Doppies la Grange te gee sodat Franco op sy spel kan konsentreer. Dit is ook 'n belangrike besluit ten opsigte van die rigting waarin ons wil beweeg," het die Lions se breier, John Mitchell, tydens Donderdag se spanaankondiging gesê.

Die Gautengers se voormalige kaptein het erken dat die kapteinskap meer druk op sy spelpeil in die laaste paar wedstryde geplaas het.

"Hierdie besluit sal my toelaat om meer op my eie spel te fokus, wat tans nie op standaard is nie. En dit is 'n besluit wat ons saam as 'n span geneem het," het van der Merwe oor die aankondiging gesê.

"Ek sal altyd die span se belange bo die van my eie stel," het hy bygevoeg.

Behalwe vir 'n verandering in leierskap het Mitchell aangekondig dat André Pretorius op losskakel in die plek van Elton Jantjies sal uitdraf.

Afskoptyd Saterdag is 17:00 in Johannesburg.

Lions:

15. Michael Killian, 14. Lionel Mapoe, 13. Waylon Murray, 12. Doppies La Grange (kaptein), 11. Deon van Rensburg, 10. Andre Pretorius, 9. Jano Vermaak, 8. Warren Whitely, 7. Joshua Strauss, 6. Cobus Grobelaar, 5. Franco van der Merwe , 4. David Bullbring, 3. Patric Cilliers, 2. Bandise Maku, 1. JC Janse van Rensburg.

Plaasvervangers: 16. Edgar Marutlulle, 17. Jacobie Adriaanse, 18. Michael Rhodes, 19. Derick Minnie, 20. Rory Kockott, 21. Elton Jantjies, Jaco Taute.

Reds:
15. Mike Harris, 14. Rod Davies, 13. Digby Ioane, 12. Anthony Faingaa, 11. Luke Morahan, 10. Quade Cooper, 9. Will Genia, 8. Leroy Houston, 7. Beau Robinson, 6. Scott Higginbotham, 5. James Horwill (kaptein), 4. Adam Wallace-Harrison, 3. James Slipper, 2. Saia Faingaa, 1. Greg Holmes

Plaasvervangers: 16. James Hanson, 17. Ben Daley, 18. Rob Simmons, 19. Radike Samo, 20. Jake Schatz, 21. Ian Prior, 22. Ben Tapuai

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24



       

Lees meer oor: reds  |  lions  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.