Nuwe gesigte vir Stormers
2012-04-25 15:03
In-diepte Verslae
Die skrumskakel Piet van Zyl het twee keer vir die Cheetahs oorgeduik in hulle oorwinning oor die Reds in Bloemfontein.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Duane Vermeulen, Gio Aplon en Nick Koster se terugkeer na SA het 'n aantal veranderinge aan die Stormers se 22-tal meegebring vir Saterdag se stryd teen die Western Force.
Die stut Frans Malherbe vervang Brok Harris in die beginspan. Andries Bekker het sy fiksheidstoets geslaag en sal saam met De Kock Steenkamp die Kapenaars se slotpaar wees.
Nizaam Carr vervang Vermeulen op agsteman terwyl Danie Poolman die nr. 11-trui in Aplon se plek dra.
Afskoptyd Saterdag in Perth is om 11:40
Stormers:
15. Joe Pietersen, 14. Gerhard van den Heever, 13. Bryan Habana, 12. Juan de Jongh, 11. Danie Poolman, 10. Peter Grant, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Rynhardt Elstadt, 6. Siya Kolisi, 5. Andries Bekker (kaptein), 4. De Kock Steenkamp, 3. Frans Malherbe, 2. Tiaan Liebenberg, 1. Steven Kitshoff
Plaasvervangers: 16. Scarra Ntubeni, 17. Brok Harris, 18. Don Armand, 19. Deon Fourie, 20. Louis Schreuder, 21. Burton Francis, 22. JP du Plessis
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24