Nou's druk op Stormers
2010-05-14 13:29
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die Waratahs het deur beweeg na die Super14-halfeindronde nadat hulle die Hurricanes Vrydag met 32-16 in Sydney geklop het.
Soos sake nou staan is die Waratahs verseker van 'n Super14-halfeindstryd tuis, sou die Stormers Saterdag teen die Bulls op Nuweland vasval.
Dié kragmeting Vrydag in Sydney, was 'n eensydige affêre met die Waratahs wat deurgaans besit van die bal gehad het en die Hurricanes heeltyd op die agtervoet geplaas het.
Die rustydtelling was 18-9 in die guns van die tuisspan.
Uitstekende verdediging deur die Waratahs het gesorg dat die 'Canes eers in die 74ste minuut vir hul eerste drie oorgeduik het.
Losskakel Berrick Barnes het uitstekend vir die Waratahs geskop in 'n wedstryd waar selfs die 'Canes se gevaarman, losskakel Ma'a Nonu, niks kon uitrig sonder die bal in sy hande nie.
Puntemakers:
Waratahs: Drieë: Kurtley Beale (2), Drew Mitchell (2) Doelskoppe: Berrick Barnes (2) Strafskoppe: Berrick Barnes (2)
Hurricanes: Drieë: David Smith Doelskoppe: Piri Weepu Strafskoppe: Piri Weepu (3)
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Nuus24