Super Rugby

Nou vir die gróte in Soweto.

2010-05-24 06:47
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell en Cobus Claassen

Kaapstad en Pretoria. - Rugbykoors sal hierdie week ongekende hoogtes bereik in die aanloop tot Saterdag se Super14-eindstryd tussen die Stormers en die Bulls in die Orlando-stadion.

Nog net een keer in die geskiedenis van dié reeks het twee Suid-Afrikaanse spanne – die Bulls en Sharks in 2007 – mekaar in die eindstryd die stryd aangesê.

Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, het gesê dit is wonderlik dat twee plaaslike spanne in die eindstryd is.

“Ons is dus verseker dat ’n Suid-Afrikaanse span die laaste Super14 gaan wen (dit is volgende jaar die Super15). Dit is baie goed vir ons rugby.”

Hoskins het gesê die naweek se wedstryd in Soweto het kritici wat meen rugby doen nie genoeg om die spel te transformeer nie, se monde gesnoer.

Die Stormers se puik klas van 2010 het Nuweland Saterdagaand met ’n staande toejuiging gegroet nadat hulle met ’n oorwinning van 25-6 oor die Waratahs ’n geskiedkundige eerste eindstryd in Super-rugby gehaal het.

“Ons sien baie daarna uit. Hierdie Stormers-span het nog een groot wedstryd oor in sy tenk. Ek kon dit ná die wedstryd in die kleedkamer sien,” het die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, gesê.

Vyf van die Stormers-helde het Saterdagaand nog groter rede tot vreugde gehad toe die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, hulle in sy span vir die toets teen Wallis in die Millennium-stadion op 5 Junie ingesluit het.

Die flank Francois Louw en die vleuel Gio Aplon sal albei hul toetsbuiging in die beginspan maak.

Juan de Jongh, wat verlede jaar saam na Europa getoer het maar slegs in weekwedstryde betrokke was, is op die plaasvervangerbank.

Andries Bekker is op slot ingesluit, terwyl Ricky Januarie die nr.9-trui gaan dra. Januarie het reeds 40 toetse vir die Bokke gespeel, maar was vanjaar meestal ’n reserwe by die Stormers.

Aplon het gister gesê hoewel hy opdrag gekry het om solank ’n Britse visum te reël, was sy insluiting nietemin ’n verrassing. “Ek het heeltyd net op ons halfeindstryd gefokus.”

Januarie se insluiting sal ’n paar oë laat rek, maar Coetzee glo hy sal nie die Bokke in die steek laat nie.

De Jongh het Saterdag ’n pragdrie gedruk en ook puik verdedig. Hy is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

“Dié drie was my eerste in die Super14-reeks en ek moes lank vir hom wag. Dit was een van my bestes (tot dusver in my loopbaan),” het die jong senter gister gesê.

Die Stormers se kaptein, Schalk Burger, het gesê al drie spelers wat hul toetsbuiging gaan maak is “top-ouens en fantastiese spelers”.

Burger wil hê sy span, wat nou reeds die suksesvolste in die geskiedenis van die Stormers is, moet seker maak dat daar ná eerskomende Saterdag nog oor hulle gepraat word.

“Dis lekker om in ’n eindstryd te wees en daar lê ’n groot week voor, maar niemand onthou die span wat tweede geëindig het nie.”

Die feit dat die wedstryd in Soweto gespeel word is nie noodwendig goeie nuus vir die Stormers nie, want die Bulls het die Crusaders Saterdag daar gemaklik met 39-24 platgevee.

“Ek dink nie dis ’n voordeel nie. Dit lyk of die Bulls eintlik beter in Soweto as op Loftus Versfeld speel!” sê Burger.

Kaartjies vir die Soweto-skouspel sal so skaars soos hoendertande wees en die verwagting is dat dit blitsig uitverkoop sal wees.

Die Blou Bulle Maatskappy het bekend gemaak kaartjies sal “binnekort”, waarskynlik eers môre, te koop wees. Die kaartjies kos R350 elk.

Daar sal ook vanoggend ’n vergadering tussen rolspelers wees om die logistieke probleme – veral rondom verkeer wat eergister chaoties was – te bespreek.

Duisende ondersteuners het Saterdagaand ’n groot deel van die wedstryd gemis weens verkeersopeenhopings.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.