Super Rugby

Nienaber kry pluimpie by Stormers-breier

2010-02-22 08:50
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Daar is ’n ou gesegde in rugby wat lui dat aanval wedstryde wen, maar dat verdediging die knoop in reekse deurhak.

Wel, as Saterdag se sege van 27-6 oor die Waratahs as ’n maatstaf geneem word, moet die Stormers as ernstige aanspraakmakers in vanjaar se Super14-reeks gereken word.

Behalwe die eerste paar minute toe die Waratahs gevaarlik gelyk het, het ’n mens nooit die indruk gekry dat hulle ’n weg deur die Kapenaars se verdediging gaan vind nie.

Daar is baie in die voorseisoen gepraat oor die Stormers se wêreldklas-aanwinste. Een van hulle, Bryan Habana, het twee drieë gedruk, maar as daar al ooit ’n vertoning was waar elke ander speler ook krediet moet kry, was dit dié een.

Die lewe is stelselmatig uit die Waratahs gewurg tot op die punt waar intelligente besluitnemers soos Berrick Barnes en Kurtley Beale planloos gelyk het, want hul stormramme kon geen bresse slaan nie.

Hulle het aanhou probeer, maar net in doodloopstrate beland.

Daarteenoor het die Stormers gekook en in twee wedstryde slegs een drie afgestaan.

Saterdag het die bonuspunt gewink toe Habana sy tweede en die Stormers se derde drie in die 55ste minuut gedruk het, maar dit was die tuisspan nie beskore nie.

Die Stormers kan hulself gelukkig ag dat hul eerste drie deur die flank Francois Louw, tien minute voor rustyd deur die TV-skeidsregter beaam is. Maar Shaun Veldsman se vrygewigheid het nie daartoe gelei dat die beste span verloor het nie.

Ná rustyd het die Waratahs bloed geruik met Barnes se tweede strafdoel, maar ’n minuut later het Habana vir die keerpunt gesorg deur Beale se skop af te storm om te gaan druk.

Nie lank daarna nie is Habana deur Ricky Januarie gevoer.

Die Bok-blits het puik afgerond om die uitslag bo alle twyfel in die tuisspan se guns te plaas.

Dit Waratahs het weer probeer, net om in hul spore gestuit te word.

Die Stormers se breier, Allister Coetzee, het ná die wedstryd sy verdedigings-afrigter, Jacques Nienaber, krediet gegee.

“Verdediging was nog altyd belangrik en sedert 2008 is ons een van die topspanne in daardie aspek. Dis belangrik om daarmee te volhard en selfs daarop te verbeter,” sê Coetzee.

“Ons het hul sterk baldraers agter die voordeellyn gestuit en goeie doodvatte uitgevoer.

“Behalwe die eerste 10 minute het ons nie afgewyk van ons patroon nie en hulle gemaklik teruggeduik.”

Die Stormers se agttal het meer as sy man gestaan en dit sou onregverdig wees om individue uit te sonder, want ’n maklike sege oor die Waratahs is geen geringe prestasie nie.

Januarie het agter ’n vuurwarm oond gedy en gewys hy hoort weekliks in die beginspan. Verder het die tweede groot aanwins, Jaque Fourie, met sy organisatoriese vermoë op die verdediging die oog getref.

Die Super14-reeks bly ’n reeks wat jou vinnig kan afbring aarde toe en om ná twee tuiswedstryde deur die Stormers meegevoer te raak, sal ’n fout wees.

Maar dié vertoning het gewys dat daar dalk net ietsie spesiaal aan’t broei is.

Puntemakers: Stormers 27 (13): Drieë: Francois Louw, Bryan Habana (2). Doelskoppe: Joe Pietersen (3). Strafdoele: Pietersen (2).

Waratahs 6 (3): Strafdoele: Berrick Barnes (2).
 
Sport24

Lees meer oor: super14  |  rugby

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.