Super Rugby

Naka Drotské wys sy kaarte

2011-01-21 08:16
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd
Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd

Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Naka Drotské het Donderdagaand hier op Vodacompark in ’n kontaksessie tussen ’n Barbarians-rugbyspan van die Cheetahs en Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) die eerste keer van sy kaarte voor die Superreeks gewys.

Dié breier van die Cheetahs het in die sessie teen die Ixias sy tweede en derde keuses speelkans gegee en van sy planne ontbloot.

Die Cheetahs speel hul eerste oefenwedstryd Vrydag hier teen die Griffons en die breier wou onder meer teen die Ixias sien wie sy naasbestes gaan wees.

Volgens Drotské behoort min of meer dieselfde span as teen die Ixias die Perses te pak en was die kontaksessie ’n ekstra geleentheid vir sekere spelers om hul staal te toon.

Die slot Wilhelm Steenkamp het gewys dat hy nog ’n goeie kopie kan word en het veral in die lynstane sy werk deeglik gedoen. Hy bring ook die fisieke element na die voorspelers wat sy breier sal vereis.

Die senter Morgan Newman se uitstappie na die Rosestad behoort ook binnekort die moeite werd te word. Hy het dikwels verdedigers besig gehou en behoort die finale groep te haal.

Daar is beslis nog genoeg skop in die vleuel Fabian Juries en sy vleuelmaat Philip Snyman het oudergewoonte uitgetroon.

Die plaasvervanger-losskakel, Riaan (True Blue) Smit, het in die tweede helfte kans gekry en goeie rigting op die aanval gegee en dikwels self verdedigers oorhoeks gehad.

Die Cheetahs se Super-groep sou aanvanklik eers na hul oefenwedstryd op 4 Februarie teen die Southern Kings verklein word, maar dit sal volgens hul breier al ná die Griffons-kragmeting gebeur.

Daar kan aangeneem word dat die Cheetahs-bestuurspan sy sterkste 22-tal eers teen ’n gedugte Kings-span sal loslaat.

Volgens Drotské was die doel van die kontaksessie sodat veral nuwelinge ’n ekstra geleentheid kan kry.

“Daar is baie diepte in sekere posisies en ’n ou wil presies weet wie jou nommer een, twee en drie is. Daar is nog bietjie verwarring, veral oor die nuwe ouens soos Martin Muller, Morgan en Wilhelm wat hier is.”

* Die Barbarians-span teen SUT was: Riaan Viljoen, Philip Snyman, Corné Uys, Morgan Newman, Fabian Juries, Louis Strydom, Tewis de Bruyn, Philip van der Walt, Davon Raubenheimer, Kabamba Floors, Wilhelm Steenkamp, Martin Muller, Kobus Calldo, Ryno Barnes, Kevin Stevens. PLAASVERVANGERS: Skipper Badenhorst, Trevor Nyakane, Francois Uys, Johan Wessels, Piet van Zyl, Wilmaure Louw, Barry Geel, Riaan Smit.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super15  |  cheetahs  |  super rugby  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

neels.swart.7 sê... Ek glo jou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Clerk General III

Bethlehem, South Africa
Pioneer Foods
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.8T GTi 5-dr
2007
R 169,995.00

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2006
R 56,800.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.