Super Rugby

Moenie dié som maak

2011-03-26 08:33
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Peter Grant is vandeesweek as Suid-Afrika se voorste losskakel geloof en kry Saterdagmiddag hier in die Super Rugbywedstryd teen die Western Force die perfekte kans om te wys dat hy vanjaar weer die Groen-en-Goud behoort te dra.

“Peter is uit ons perspektief die nommereen-losskakel in dié land. Hy was nou al in drie kragmetings vir ons ’n wedstrydwenner,” het die Stormers se agterlyn-afrigter, Robbie Fleck, aan Sport24 gesê.

“Hy en Patrick Lambie (van die Sharks) se spelpeil is tans die beste van die Suid-Afrikaanse losskakels.

“Peter speel takties goed, hou ons op die voorvoet en skop goed.”

Grant het verlede week sy toets teen die Bulls se Springbok-losskakel, Morné Steyn, met vlieënde vaandels geslaag, maar dis ’n uitdaging van ’n ander aard teen die begaafde Aussie James O’Connor.

Albei spanne se afrigtingspan sou planne beraam het oor hoe om die opponerende losskakel op Nuweland hok te slaan.

Albei is nie net skerpskutters pale toe nie, maar ook groot planmakers agterlangs.

Een van die Stormers se groot uitdagings was weer van ’n sielkundige aard. Om die Bulls op Loftus Versfeld te verslaan – iets wat laas in 2003 deur die Kapenaars vermag is – voel byna soos om ’n reeks in die kleine te wen.

Dit sou dus byna menslik wees as daar die daaropvolgende week ’n insinking is.

Een ding wat baie duidelik uit vanjaar se reeks blyk, is dat ’n span wat nie vir ’n wedstryd “opdaag” nie, op sy baadjie gaan kry.

Die Waratahs het verlede week byvoorbeeld ’n duur les teen die Cheetahs in Sydney geleer, terwyl die Hurricanes gister teen die Mel­bourne­ Rebels vasgeval het.

Om bloot te sê dat jy die Force nie onderskat nie, is byna om reeds in daardie slagyster te trap, want wat sou die Stormers nou die reg gee om ’n teenstander teen wie hulle verlede jaar in Perth verloor het, ligtelik op te neem?

“Hulle het ons veral fisiek beïndruk. Verlede jaar het hulle ons in daardie opsig in Perth geskok.

“Ons sal nie weer dieselfde fout maak nie,” het Fleck gesê.

Die Western Force se posisie op die puntelys blyk ’n vals een te wees. Hy het net-net teen die Reds verloor en was ongelukkig om slegs met ’n gelykop-stryd beloon te word vir ’n puik vertoning teen die Blues in Perth.

Verlede naweek het hy welverdiend die Lions geklop en dit kan die eerste van verskeie seges wees.

Om dus te dink dat die Force maklik geklop sal word net omdat die Stormers in Pretoria gewen het, is ’n sommetjie wat nie gemaak moet word nie.

Inteendeel, hierdie kan maklik op ’n riller afstuur, met ’n skop deur Grant of O’Connor, of ’n oomblik van briljantheid deur begaafde individue soos O’Connor, Nick Cummins, David Smith, Jean de Villiers, Gio Aplon of Bryan Habana wat die verskil tussen wen en verloor kan wees.

Die spanne is:

Stormers: Gio Aplon, Danie Poolman, Jaque Fourie, Jean de Villiers (k), Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Pieter Louw, Andries Bekker, De Kock Steenkamp, Brok Harris, Deon Fourie, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Siyabonga Ntubeni, CJ van der Linde, Anton van Zyl, Nick Koster, Ricky Januarie, Lionel Cronjé, Juan de Jongh.

Western Force: Cameron Shepherd, Alfie Mafi, Nick Cummins, Gene Fairbanks, David Smith, James O’Connor, Brett Sheehan, Ben McCalman, Matt Hodgson, Richard Brown, Nathan Sharpe (k), Sam Wykes­, Tim Fairbrother, Ben Whittaker, Pek Cowan. PLAASVERVANGERS: Nathan Charles­, Kieran Longbottom, Tom Hockings, Tevita Metuisela, James Stannard, Matt Brandon, Pat Dellit.

Skeidsregter: Pro Legoete (Suid-Afrika).

Assistent-skeidsregters: Mark Lawrence en Christie du Preez (albei SA).

TV-skeidsregter: Gerrie Coetzee (SA).

Afskop: 15:00.

Voorwedstryd: Westelike Provinsie t Griekwas (Vodacombeker, 12:40).

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.