Super Rugby

Mitchell stoot bors uit oor Lions

2011-04-18 09:52
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Dié slag was John Mitchell uiters trots op sy span.

Ofskoon die Lions se nederlaag Saterdag met 19-33 teen die Stormers hul tweede grootste van die Super Rugby-seisoen was, het die spelers ten minste gedoen wat hul afrigter gevra het.

Net jammer hulle het hier op Coca-Colapark teen Suid-Afrika se beste span te staan gekom.

Die Stormers het, met die telling op 26-19, ’n gelukkige drie aan die einde gedruk nadat die Lions nog met mening ’n verdoelde drie gejag het om die telling gelykop te maak.

“Ek dink ons het baie goed gedoen en ons voorspelers het veral goed reageer,” het Mitchell gesê met verwysing na die agttal se flou vertonings in veral die vaste fasette in die vorige paar wedstryde.

“Ons kon hul verdedigingslinie steeds nie op die regte tye breek nie, maar ek is baie trots op die ouens se poging.”

Doppies la Grange, die Lions se kaptein, het met ’n dik geswelde oog gesê hy weet daar was nie ’n gebrek aan gesonde houding en toewyding teen die Stormers nie.

“Ons het ongelukkig maklike drieë toegelaat. Ons wou vir die ondersteuners wys ons het meer trots as wat dit mag lyk,” het La Grange gesê.

Die keuse van Wikus van Heerden en David de Villiers as slotpaar was geslaagd, terwyl Burton Francis as losskakel straks vir hom ’n meer gereelde plek in die beginspan oopgespeel het.

Dan was die jong Lions-heelagter, Jaco Taute, weer die beste aanvaller in die tuisspan, en hy verdien sy plek in die beginspan.

Vir die Lions lê ’n wedstryd Saterdag op Coca-Colapark teen die Chiefs voor en ’n tuisoorwinning is ’n móét.

Daarna bly slegs hul Australasiese toer, en tuiswedstryde teen die Cheetahs en die Sharks oor.

’n Oorwinning oor die Chiefs lyk na ’n meer haalbare doelwit.

Die feit dat Mitchell sy trots uitspreek op ’n span wat Saterdag sy agtste uit nege wedstryde verloor het, sê heelwat oor die mate van realisme waarmee hy sy span se situasie bekyk.

“Realisties beskou, is ons omtrent sewe punte agter die ander spanne in die reeks,” het Mitchell erken.

“Dit is die posisie waarin ons is. Ons moet meer akkuraat word en glo ons kan dit doen.

As ’n span is ons nie ver weg daarvan nie – dit is net sewe punte en ons moet ’n houvas daarop kry.”

- Sport24

- Volg Nuus24Sport op Twitter.

Lees meer oor: john mitchell  |  rugby  |  lions  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.