Super Rugby

Mitchell hou by Jantjies

2011-02-28 09:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Elton Jantjies sal sy plek in die Lions se beginspan vir Vrydagaand se Super Rugby-wedstryd teen die Blues behou, ondanks sy treurige skopwerk pale toe.

Suid-Afrika se jong speler van 2010 het in elk van die Lions se naelskraapse nederlae – teen die Bulls en die Stormers – met net 2 uit 5 skoppe pale toe geslaag. Dit gee hom ná die eerste twee wedstryde ’n slaagsyfer van 40%.

Die vraag is of dit die Lions­ nie sal loon om vir eers op André Pretorius in die nr. 10-trui staat te maak nie.

Pretorius het weliswaar net met 2 van sy 4 skoppe vir die Leeus­ in hul Vodacombeker-stryd teen die Westelike Provinsie geslaag, maar sy temperament is al oor tyd beproef en hy het Saterdag ’n skepdoel behaal.

“Elton is ons eerste keuse op losskakel. André het ’n rol binne ons organisasie. Ek werk egter met die toekoms in gedagte,” het die Lions se afrigter, John Mitchell, ná sy span se nederlaag van 16-19 teen die Stormers aan Sport24 gesê.

Jantjies het in die algemeen darem goed vertoon en die Lions klop hard aan die deur vir hul eerste sege. Met die lugdruk die naweek hul bondgenoot teen Nieu-Seelandse teenstanders, is dit beslis binne hul bereik.

Daar was Saterdagaand ’n besef dat ’n gulde geleentheid teen die Stormers op Nuweland verspeel is.

“Dis een wat deur ons vingers geglip het,” het Mitchell erken.

“Wat my beïndruk het, is dat ons langer as ’n span saamgewerk het. Daar is 11 ouens wat net in hul tweede Super-wedstryd gespeel het en die afgelope twee naweke was dit kragmetings met die kampioenspan en die finalis. Ons is ongetwyfeld in ’n opwaartse kurwe.

“Dié wedstryd was vir ons ’n sielkundige hupstoot. Ons is nie ver weg nie. Ons moet aanhou om hard vir mekaar te werk en ons sal eindelik as groep ons beloning kry.”

Jantjies is natuurlik ’n belangrike skakel in dié groep en daarom kan die breier se geloof in hom in die toekoms vrugte afwerp.
Die skopwerk pale toe is egter ’n bekommernis en daar sal hard daaraan gewerk moet word.

Die Lions was in die vaste fasette baas. Hulle het die Stormers se lynstane ontwrig en die Kapenaars se krisis op haker goed uitgebuit. Deon Fourie moes in Tiaan Liebenberg se afwesigheid die Stormers se nr. 2-trui dra, al het hy in die voorseisoen nog van ’n besering herstel. Dié situasie het ’n impak op die gehalte van die Stormers se besit gehad.

Die Lions het ook vinniger by die blaser, Stuart Dickinson, se hantering van die skrums aangepas en in die eerste helfte baie beslissings in hul guns gekry.

“Ons het baie besit in die lynstane gekry en die Stormers se aanvalle van die eerste fase af so gefnuik. Hulle het egter laat in die wedstryd in die regte gebied op die veld gekom en die één situasie wat ons nie kon beheer nie, het ons duur te staan gekom,” het Mitchell gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.