Super Rugby

Mense slaap by Nuweland vir kaartjies

2010-05-19 08:32
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kobus Pretorius

Kaapstad - Honderde geesdriftige Stormers-ondersteuners het Dinsdagoggend vroeg op Nuweland toegesak in ’n desperate poging om kaartjies vir hul span se Super14-halfeindstryd teen die Waratahs te koop.

Dit is die Stormers se eerste tuis-halfeindstryd in 11 jaar.

Baie mense het Maandagnag by die stadion deurgebring sodat hulle heel eerste in die tou kon wees wanneer die kantore om 09:00 sou oopmaak.

Die slaapsakke, matrasse, komberse en kampeerstoele het sterk herinner aan die finale ronde van kaartjieverkope vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi net meer as ’n maand gelede.

Die gees onder die mense – mans én vroue – was positief, met heelparty wat ’n tydjie by die werk moes afknyp om daar te wees, terwyl ander die dag verlof geneem het.

Mnr. Theo Fortuin van Hanover Park was gister heel eerste in die tou nadat hy hom Maandag om 20:30 reeds daar tuisgemaak het. Hy het 10 kaartjies gekoop.

“Die Stormers gaan definitief Saterdag wen,” het hy aan Die Burger gesê en ’n telling van 38-12 in die tuispan se guns voorspel.

Mnr. Chris Groenewald van Brackenfell, wat vyfde in die tou was en van 21:00 gewag het, reken die Stormers gaan met 32-18 wen.

“Ek is redelik seker dat ons Saterdag gaan wen. Hulle speel voor ’n tuisskare. Die Bulle gaan ook net-net wen, maar dit sal lekker wees as die eindstryd op Nuweland kan wees.” Mnr. Dawood Williams van Athlone was agtste in die tou en sou 20 kaartjies vir vriende en familie van so ver as Port Elizabeth koop.

Hy het oorwinnings vir die Stormers en die Bulls voorspel.

Ook mnr. Theuns Kleinhans, al die pad van Bloemfontein met ’n blou pruik op die kop, het agt kaartjies gekoop en was vol vertroue dat die Stormers gaan wen.

“Die eindstryd gaan tussen die Stormers en die Crusaders op Nuweland wees. Dit gaan ’n naelbytstryd wees, maar die Stormers behoort 25-18 te wen.”

Me. Hannetjie Oberg van Melkbosstrand het gister verlof geneem om kaartjies te koop. Sy het saam met haar seun, wat by die Universiteit Stellenbosch studeer en vandag ’n toets moet skryf, in die tou gestaan.

Volgens die webwerf www.iam­astormer.com was alle sitplekkaartjies teen gisteraand uitverkoop en was daar nog net 300 staankaartjies beskikbaar.

Daar sal moontlik deur die loop van die week nog kaartjies beskikbaar raak. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: nuweland  |  stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.