Super Rugby

Media-lofsange oor Crusaders

2011-07-05 08:48
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Wellington. – Nieu-Seeland se media het die Canterbury Crusaders Maandag geprys nadat hulle die eindstryd van die Super Rugby-reeks gehaal het.

“Die grootste kruistog (crusade) storm voort,” het die New Zealand Herald berig nadat die Crusaders Saterdag tot die eindronde teen die Reds deurgedring het deur die Stormers met 29-10 in Kaapstad te klop.

Die Crusaders het as gevolg van die aardbewing in Februarie wat hul stadion in Christchurch beskadig het, die hele seisoen weg van die huis af gespeel.

As gevolg van dié ramp het die Crusaders hul tuiswedstryde in plekke so ver uitmekaar as Twickenham in Londen en Timaru op die Suid-Eiland gespeel.

Volgens die New Zeland Herald is die Crusaders se teenwoordigheid in die eindstryd nie net ’n merkwaardige sportprestasie nie, maar ook ’n belangrike morele inspuiting vir die verwoeste Canterbury-gebied.

“(Hierdie) professionele span sal die Super15 wen en die stad wat deur die aardbewing verpletter is, help stu,” het Chris Rattue, ’n sportskrywer, in sy rubriek gesê.

Fairfax Media se Marc Hinton het gesê ’n titel vir die Crusaders sal ’n meer verdienstelike prestasie wees as ’n triomf vir die All Blacks later vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi.

“Dis moeilik om te sien hoe die All Blacks, wat die Wêreldbeker in hul eie land kan wen, vergelyk kan word met die Crusaders as hulle Saterdag teen die Reds wen,” het hy geskryf.

“Dit sal so spesiaal wees. So beduidend.”

Daar is eenstemmigheid dat die twee beste spanne in die reeks die eindstryd gehaal het. Die media is ook vol vertroue dat die Crusaders teen die Reds kan seëvier om hul agtste Super-titel te wen.

Rattue meen “die Reds is vinnig, maar kort krag voorlangs en het ondanks hul tuisveldvoordeel min kans om te wen”.

In die Dominion Post het die voormalige All Black Justin Marshall gesê die Cru­saders se goeie skrumwerk en spel in die ander vaste fasette, asook hul vaardigheid onder afskoppe, bevoordeel hulle.

Volgens hom het al die terugslae in die loop van die seisoen die span in ’n hegte eenheid gesnoer om weer as die kampioene gekroon te word. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

- Sapa - AFP

Lees meer oor: crusaders  |  reds  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.