Matfield lei Bulls teen Lions
2011-02-16 15:08
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria - Kaptein Victor Matfield (nek) en heelagter Zane Kirchner (rib) het van hul beserings herstel en sal Saterdag vir die Bulls in die verdedigende kampioene se Super Rugby-openingswedstryd teen die Lions in Johannesburg uitdraf.
So lyk die span:
15. Zane Kirchner, 14. Gerhard van den Heever, 13. Stephan Dippenaar, 12. Wynand Olivier, 11. Bjorn Basson, 10. Morne Steyn, 9. Fourie du Preez, 8. Pierre Spies, 7. Dewald Potgieter, 6. Deon Stegmann, 5. Victor Matfield (kaptein), 4. Bakkies Botha, 3. Werner Kruger, 2. Gary Botha, 1. Gurthro Steenkamp
Plaasvervangers: 16. Chiliboy Ralepelle, 17. Rossouw de Klerk, 18. Danie Rossouw, 19. Derick Kuun, 20. Ruan Snyman, 21. Francois Brummer, 22. Jaco van der Westhuyzen.
Afskoptyd is 19:10.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24