Matfield gaan Bulls se voorspelers brei
2012-11-20 11:46
In-diepte Verslae
Die skrumskakel Piet van Zyl het twee keer vir die Cheetahs oorgeduik in hulle oorwinning oor die Reds in Bloemfontein.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Bulls het die voormalige Springbok-slot Victor Matfield as hul nuwe voorspeler- en aanvalsafrigter vir aanstaande jaar se Super-seisoen aangekondig terwyl Derick Hougaard as ‘n vaardigheids- en skopbreier aangestel is.
Handrè Pollard, talentvolle losskakel van die Jong Bokkies, is intussen opgeneem in die Bulls se vergrote groep vir die nuwe seisoen.
Die afrigter van die Bulls, Frans Ludeke, het ook bevestig dat die Springbok-senter Wynand Olivier by die span sal aansluit sodra sy klubverpligtinge in Japan afgehandel is.
Bulls se vergrote oefengroep vir die Super-seisoen:
Akona Ndungane, Arno Botha, Basil Short, Bjorn Basson, Bongi Mbonambi, Callie Visagie, Chiliboy Ralepelle, Clayton Blommetjies, Corne Cooper, Cornell Hess, Dawie Steyn, Daniel Kriel , Dean Greyling, Deon Stegmann, Dewald Potgieter, Flip van der Merwe, Francois Hougaard, Francois Venter, Frik Kirsten, Grant Hattingh, Handrè Pollard, Hencus van Wyk, Jan Serfontein, Jano Vermaak, Jacques Potgieter, Jacques du Plessis, Jean Cook, Jesse Kriel , JJ Engelbrecht, Juandrè Kruger, Jürgen Visser, Juan Schoeman, Lionel Mapoe, Lohan Jacobs, Louis Fouchè, Marcel van der Merwe, Marvin Orie, Mike Williams, Mornè Mellett, Mornè Steyn, Paul Willemse, Pierre Spies, Rohan Janse van Rensburg, Ruan Snyman, Rudy Paige, Sampie Mastriet, Schalk van Heerden, Shaun Adendorff, Tiaan Schoeman, Tony Jantjies, Travis Ismaiel, Ulrich Beyers, Werner Kruger, Wiaan Liebenberg, Wilhelm Steenkamp, Willie Wepener, William Small-Smith, Wynand Olivier, Zane Kirchner.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24