Super Rugby

Mapoe-skuif skok Cheetahs

2010-05-20 10:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Hendrik Cronjé

Bloemfontein - Lionel Mapoe, ’n ster-vleuel van die Cheetahs, het hom in die geheim by die Sharks aangesluit en dié 21-jarige Blitsbok was reeds die afgelope week in Durban by sy “nuwe” spanmaats.

In Cheetahs-geledere is daar groot konsternasie oor Mapoe se “verdwyning” uit die Vrystaat en onverwagse verskyning by die Sharks.

Niemand in Vrystaat-rugby se bestuur het geweet van Mapoe se skok-skuif nie en is verslae en ontstoke oor die beweerde afrokkeling van een van hul top-spelers.

Harold Verster, president van die Vrystaatse Rugby-unie (VRU), hou vol dat die Cheetahs ’n “waterdigte en geldige kontrak met Mapoe het”. Alles dui nou daarop dat die rugbyunies van die Vrystaat en die Sharks op ’n regsgeding afstuur wat eindelik die Suid-Afrikaanse Rugbyunie kan betrek.

In die laaste maande was die Sharks in ’n stryd met die Goue Leeus se Rugby-unie betrokke oor twee Lions-spelers – Louis Ludik en Willem Alberts.

Vroeër was die Lions ook in ’n regsgeding met Jaque Fourie betrokke oor sy skuif na die Westelike Provinsie. Mapoe se agent en ’n voormalige vleuel van die Vrystaat, Jan-Harm van Wyk, wou nie gister veel oor Mapoe se skuif na Durban sê nie.
 
“Die saak is sub judice en in die hande van Lionel se prokureur,” het Van Wyk gesê.

Daar was aanvanklik sprake dat Mapoe ook in die visier van die Blou Bulle was. Hulle het toe ’n plaasvervanger vir Bryan Habana gesoek. Verster het gesê die Cheetahs het ’n geldige kontrak met Mapoe wat tot 31 Oktober 2011 strek.
 
“Ons het senior regsadvies oor die geldigheid van sy kontrak ingewin en is oortuig dat ons ’n geldige kontrak het,” sê hy. “Ons sal nie ’n sertifikaat van vrystelling aan Mapoe uitreik om elders te gaan speel of oefen nie. As dít wel die geval is of gebeur, sal die VRU stappe teen die betrokke persone doen.“Mapoe is ’n talentvolle speler wat ons reeds op skolevlak geïdentifiseer het om vir hom ’n kontrak as ’n junior aan te bied. “Hy het ons kontrak van drie jaar aanvaar.”

Mapoe was vroeër vanjaar in ’n toutrekkery tussen die VRU en sy verteenwoordigers vasgevang oor sy karige salaris by die Cheetahs.

Die Cheetahs het daarna wyd na borgskappe gesoek om sy kontrak aansienlik te vermeerder en was oortuig dat sy ongelukkigheid iets van die verlede is.

“Ons het spontaan en uit eie beweging sy kontrak aangepas – volgens ons is dít erg markverwant. Hy is ’n Vrystaat-seun en gaan bly vir die tydperk van sy kontrak,” het Verster gesê.

Mapoe kon weens ’n skouerbesering in min van die Cheetahs se Super14-wedstryde in 2010 speel, maar word vanweë sy grootte, lengte, krag en lugspel as ’n seker keuse vir die Bokke se toer aan die einde van die jaar na Europa beskou.

Mapoe was ironies genoeg nog Saterdag in Welkom in ’n Cheetah-sweetpak geklee toe die sentrale streekspan in ’n Super14-wedstryd teen die Lions gespeel het.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Lees meer oor: cheetahs  |  super14  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.