Super Rugby

Mapoe glo in Bulle se visier

2010-03-18 09:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Hendrik Cronjé en Johann Thormählen

Bloemfontein - ’n Geldbom het oor die kop van die Cheetahs se ster-vleuel Lionel Mapoe gebars – wat kan meebring dat dié 21-jarige Vrystater sy rugbyloopbaan binnekort by die Blou Bulle sal voortsit.

Mapoe is in ’n toutrekkery tussen die Vrystaatse Rugby-unie (VRU) en sy verteenwoordigers vasgevang oor sy salaris by die Cheetahs.

Die VRU se prokureurs het vandag ’n ontmoeting met Mapoe s’n.

Tydens dié ontmoeting kan bepaal word of Mapoe se kontrak geldig is en of hy dadelik deur die Bulle teen glo sowat R1,4 miljoen gekontrakteer kan word.

Sport24 se bronne het gesê Mapoe verdien tans sowat R29 500 per maand tydens die Super14-reeks, wat die voorskriftelike minimum salaris van ’n SA speler in die Super14-reeks is.

Mapoe is in 2008 as ’n heel onbekende opkomeling by die Cheetahs teen R80 000 per jaar vir drie jaar met ’n jaarlikse vasgestelde verhoging gekontrakteer.

Hy het in 2009 nog vir die Vrystaat se o.21-span uitgedraf en eers later die seisoen sy stempel vir die senior span in die Curriebekerreeks afgedruk, waarna die Cheetahs besluit het om sy salaris te verhoog.

Die Cheetahs is nou bereid om sy salaris binne die volgende 24 maande glo tot R750 000 per jaar te verhoog mits hy bereid is om sy kontrak tot 2012 te verleng.

Mapoe se verteenwoordigers meen sy huidige salaris is nie naastenby markverwant nie.

Harold Verster, president van die VRU, het aan Sport24 bevestig hy het ’n prokureursbrief van dié verteenwoordigers ontvang waarin die geldigheid van Mapoe se kontrak bevraagteken word.

“Daar is ’n kwessie met Mapoe se kontrak.

Sy agent, Red Star Talent, en meer spesifiek Mike de Haast, kyk na die aangeleentheid deur prokureurs. Die saak is sub judice omdat ons deur die prokureurs onderhandel en daar is Donderdag (vandag) ’n ontmoeting tussen die partye,” sê Verster.

“Dis jammer dat sulke dinge altyd opduik voor ons ’n groot Suid-Afrikaanse span pak.

“Dit ontstel die span en die spelers.

“Dis jammer dat ons eie mense in Bloemfontein ons span op so ’n strategiese tydstip ontstig.”

Verster het gesê Mapoe is ’n ster en die Cheetahs wil hom graag behou.

“Ons het tot dusver baie goed na hom omgesien,” het Verster bygevoeg.

“Hy het verlede jaar, toe hy ’n kniebesering opgedoen het , nie tot ’n mediese fonds behoort nie – sy agente het nagelaat om hom by ’n mediese fonds te laat aansluit.

Vrystaat-rugby het R25 000 vir sy knie-operasie betaal. Hy het ook tot onlangs die afgelope twee jaar verniet by ons in die Cheetah-huis gebly.”
 
De Haast het gesê die Bulle het geen aanbod aan Mapoe gemaak nie.

“Lionel is toegewyd aan die Cheetahs en sien uit na Saterdag se wedstryd teen die Stormers.”

Mapoe was verlede jaar een van die spelers wat homself ongelukkig kon ag om nie die Springbok-toerspan na Europa te haal nie.

- Sport24

Lees meer oor: cheetahs  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.