Super Rugby

Maanhaar Josh nou tropleier

2011-05-12 07:48
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die man met die grootste baard in rugby, Josh Strauss, moet Saterdag ook een van die grootste take vir sy span verrig wanneer hy die sukkelende Lions in Canberra teen die Brumbies aanvoer.

Strauss is met die leisels van ’n beginspan toevertrou wat opnuut vir Elton Jantjies op losskakel insluit en waarin Alwyn Hollenbach noodgedwonge op binnesenter gaan uitdraf.

Strauss is in ’n nuwe posisie vir hom, agtsteman, én in ’n nuwe rol, dié van kaptein, gekies.

’n Elmboog-besering wat die gereelde kaptein, Doppies la Grange (senter), in die groot tuisnederlaag teen die Cheetahs opgedoen het, hou hom uit Saterdag se wedstryd.

Sy plek word deur Hollenbach, wat as Dylan des Fountain se sentermaat gaan uitdraf, geneem.

Dit is ’n dobbelspel deur die Lions-afrigter, John Mitchell, hoewel hy in die span se huidige penarie nie ’n ander keuse het as om te waag nie.

Buiten La Grange het die Lions ook die afgelope twee weke vir Waylon Murray (senter) en Michael Killian (heelagter) weens beserings verloor.

Daarbenewens moet hulle straks vir nog ’n week sonder Butch James klaarkom. James is voorlopig nie in die 22-tal vir Saterdag gekies nie, maar sy gereedheid sal beoordeel word wanneer hy Donderdag by die ­Lions in Canberra aansluit.

Hy het Saterdag sy laaste wedstryd vir Bath in Engeland gespeel en Dinsdag uit Engeland vertrek.

Mitchell het Maandag, toe dit duidelik geword het La Grange sal nie vandeesweek oorweeg kan word nie, met Strauss oor sy nuwe rol gesels.

“Ek het die besluit met die oog op die toekoms geneem. Hy dra nie die bagasie van die unie se verlede rond nie, want hy het eers verlede jaar in die Curriebeker-reeks hier begin speel,” het Mitchell gesê.

“Josh lei deur voorbeeld. Toe ek hom vra of hy kaptein sal wees, het hy my gevra of ek hom dan sóveel vertrou.

“Ek het ja gesê. Ek wil sien dat hy ons vorentoe neem.”

Strauss het onlangs eers van harsingskudding herstel wat hom sy plek in die beginspan gekos het.

Sy posisionele skuif van flank na agtsteman is een van 10 veranderings aan die span wat met 19-53 teen die Cheetahs verloor het.

Buiten Hollenbach se insluiting word die beseerde Killian deur Jaco Taute op heelagter vervang.

Die ander skuiwe is die terugkeer tot die beginspan van Jantjies, Jano Vermaak, Michael Rhodes, Derick Minnie, Franco van der Merwe, Patric Cilliers en Bandise Maku.

Rory Kockott en Burton Francis, wat die skakelpaar teen die Cheetahs was, is plaasvervangers.

Minnie het weens ’n besering die Lions se laaste drie stryde misgeloop en sy terugkeer is ’n groot verligting vir sy span.

Die Lions-span is:

Jaco Taute, Lionel Mapoe, Dylan des Fountain, Alwyn Hollenbach, Deon van Rensburg, Elton Jantjies, Jano Vermaak, Josh Strauss (k), Michael Rhodes, Derick Minnie, Franco van der Merwe, Wikus van Heerden, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg.

PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Kevin Buys, Warren Whiteley, Cobus Grobbelaar, Rory Kockott, Burton Francis, Jannie Boshoff.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24
 

Lees meer oor: super rugby  |  lions  |  brumbies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.