Super Rugby

Lugdruk ís ’n faktor in S14-eindstryd

2010-05-28 09:09
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pieter Jordaan

Johannesburg - Lam bene is die Stormers se voorland wanneer hulle Saterdag sowat 1 700 m bo seevlak in die Super14-eindstryd teen die Bulls in Soweto speel.

Die sportwetenskaplike Ross Tucker skryf in sy reeks artikels oor rugbywetenskap dat die invloed van hoogte bo seevlak op spanne wat van die kusgebiede af kom, nie sommer ’n ouvrou-storie is nie.

Dit kan dus ’n beslissende faktor wees in die eindstryd, waar die spanne op die oog af só goed opweeg dat dit juis sulke faktore is wat die kleinste verskil aan die uitslag kan maak.

“In sokker toon navorsing dat ’n toename in 1 000 m van hoogte bo seevlak gemiddeld bykans ’n halwe doel vir die tuisspan werd is, skryf Tucker.

“In rugby is daar maar nog min navorsing daaroor, maar hoogte bo seevlak is vir seker ’n faktor wat die uitslag van ’n wedstryd kan beïnvloed.”

Tucker het in een van sy vorige artikels geskryf dat rugbyspelers gemiddeld sowat 7 km per wedstryd hardloop en ook 120 keer kort naellope doen.

“Die basiese invloed (van ’n toename in hoogte bo seevlak) is dat daar minder suurstof vir die spiere beskikbaar is.

“Dit maak dit moeiliker om (tydens die wedstryd) van die oefeninge te herstel as jy nie suurstof in jou spiere het nie.

“Boonop is die binnelandse lug droog en koud en dit bemoeilik asemhaling (vir kus-spanne).

“Die oefeninge voel dus of dit meer moeite is as by die see.

“Die brein tel op dat suurstof beperk is en die spelers peil hulself daarvolgens.”

Volgens Tucker is die moderne idee dat ’n span so naby moontlik aan die dag van die wedstryd of die afskoptyd na die Hoëveld moet reis, nie ’n goeie idee as wetenskaplike bewyse geraadpleeg word nie.

“Die liggaam moet aanpas by lae suurstofvlakke. Daar is bewys dat ’n mens se prestasievermoë die swakste is sowat ses uur ná aankoms.

“In Suid-Afrika behoort vyf tot sewe dae genoeg te wees om enige benadeling van jou prestasie (as gevolg van die toename in hoogte) te voorkom. Ondanks die min navorsing, is die bewyse nietemin dat jy eenvoudig vroeg móét arriveer,” skryf hy.

Die Stormers kom vandag, ’n dag voor die wedstryd, in Gauteng aan.

Dié invloed, asook as die relatiewe tuisveldvoordeel wat die Bulls geniet, kan volgens Tucker die beslissende faktore wees.

Hy glo ook nie dat die Bulls enigsins momentum prysgegee het deur hul voorste spelers in die onlangse wedstryd teen die Stormers in Kaapstad te laat rus nie.

“Statistiek ondersteun nie juis hierdie konsep nie,” het hy oor die opbou van “momentum” in ’n reeks geskryf.

“Ja, suksesvolle spanne gaan op wentogte en soos verloor, raak wen ’n gewoonte. Maar die spanne pluk nie noodwendig die vrugte van momentum nie.

Daar is dalk ’n meer eenvoudige antwoord.

Die span wen agtereenvolgende wedstryde omdat hy die beste is.

Die momentum is minder belangrik as die gehalte (van die span).”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
 

Lees meer oor: soweto  |  bulls  |  super14  |  rugby  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.