Super Rugby

Ludeke ‘tel sy seëninge’

2010-04-26 12:21
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Pretoria - "Arme" Frans Ludeke.

Die Bulls-breier het nie net verlede week gehoor hy word weer pa nie, dit was ook Saterdag sy verjaardag toe die Bulls die Lions met 51-11 afgeslag het om weer bo-aan die Super14-puntelys te wees.

En nou moet hy boonop nog vir Bakkies Botha plek maak in sy 22-tal vir Saterdag se wedstryd teen die Sharks op Loftus Versfeld!

Die ironieë van die lewe gaan Ludeke egter nie verby nie; sy rugbyspan is immers ’n week gelede afgeskryf as moeg, planloos en in groot moeilikheid.

“ ’n Mens moet jou seëninge tel– in die lewe en in rugby,” het Ludeke aan Sport24 gesê.

“Die Bulls is op die oomblik in ’n bevoorregte posisie. Ons is in beheer van ons eie lot wat die kompetisie betref en dit is presies wat ons doelwit aan die begin van die veldtog was.

Die besef is egter ewe groot dat dinge vinnig kan verander, veral as jy nie jou huiswerk doen en elke naweek op jou beste is nie.”

Oor hoe Botha, nou weer fiks ná sy hak-operasie, ingebring sal word om die verwagte Sharks-aanslag te verwerk, is Ludeke minder openhartig.

“Ons sal nog moet sien. Hy het verlede week eers begin skrum en lynstane doen. Maandag se sessies sal ons ’n beter aanduiding gee van hoe hy deur die ander sessies gekom het.

“Almal wil hom graag op die veld sien; hy is immers een van die bestes wat daar is. Maar die lekkerte is dat daar geen onnodige haas is nie en dat daar werklik in die belang van die speler besluite geneem kan word.”

Ludeke was ook beïndruk met die wyse waarop Chiliboy Ralepelle (vir die Blou Bulle) in die Vodacombeker-kwarteindstryd teen die Westelike Provinsie gespeel het, maar sal waarskynlik die haker kans gee om die oorblywende wedstryde vir dié span klaar te speel voordat hy hom nader trek.

Die breier was baie tevrede met die manier waarop die Bulls in die tweede helfte die voet op die versneller kon plaas.

“Ons moet krediet gee aan die Lions, wat ons in die eerste helfte goed vasgehou het. Die praatjie rustyd was om die kanse te benut wat geskep word.

“Daarom was die ses drieë baie bevredigend. Ek dink veral die eerste een, net ná die rustyd, was die deurslaggewende een, want dit het net versterk waaroor ons in die kleedkamer gepraat het.”

Die Bulls-kaptein, Victor Matfield, het ook min gehad om oor te kla.

“Die drie net voor die rustyd deur die Lions het hulle in die wedstryd gehou en ons manier van speel effens gekortwiek.

Hulle kan van enige plek af ’n drie druk en ons moes eers seker maak ons kom met meer as sewe punte voor voordat ons met meer vryheid kon aanval. Daardie rolmaaldrie was dus net die regte medisyne.”

Die uitslae van die naweek het die Bulls bevoordeel, maar daaroor is die slot baie beslis.

“Dis menslik om daarna te kyk, maar ons enigste maatstaf in dié reeks is onsself. As ons elke week verbeter en speel soos ons kan, sal ons aan die einde van die kompetisie daar wees,” het Matfield gesê.

- Sport24

Lees meer oor: rugby  |  sport

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.