Super Rugby

Ludeke peuter nie aan span teen Blues

2010-03-31 08:52
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Pretoria - Die Bulls het tans ritme en momentum in hul Super14-veldtog, so daar is geen rede waarom hul afrigter, Frans Ludeke, nou aan sy rugbyspan gaan karring nie.

Daarom het hy dieselfde 22-tal gekies wat die Force in Perth slae gegee het, om Saterdag die Bulls se swak vertoningslys teen die Blues op Eden Park te probeer verbeter.

“Dinge gaan goed vir ons en ek gaan nie onnodige veranderinge aanbring nie,” het hy Dinsdag aan Sport24 gesê.

“Ons groepstelsel werk goed en almal is tevrede daarmee.”

Volgens Ludeke het die loslootjie drie weke gelede ook gehelp om spelers vars te hou.

Derick Kuün sukkel egter met ’n dyspierbesering en volgens Ludeke sal hy Vrydag besluit of dié flank in sy 49ste wedstryd vir die Bulls gaan uitdraf.

Speel hy nie, sal Jaco Engels as plaasvervanger bygevoeg word.

Engels het bykans ’n jaar laas vir die Bulls gespeel en sal hoop hy kry kans om wel weer ’n slag bene te rek.

Jaco van der Westhuyzen is ’n ander speler wat gereeld na Ludeke se kant toe sal kyk. Dié 32-jarige agterspeler het reeds in 2000 die eerste keer vir die Bulls uitgedraf en sal Saterdag die 50ste keer so maak as Ludeke wel op sy nommer druk.

Die afrigter meen hulle kan dit dan sewe agtereenvolgende oorwinnings maak as die span in homself glo.

“Die span is op ’n goeie plek op die oomblik. Die geheim in die resep lê daarin om seker te maak almal is Saterdag op dieselfde golflengte.”
Dit is iets wat volgens die Bulls-kaptein, Victor Matfield, die naweek behoort te gebeur.

“Ons is ’n klomp ervare spelers en dit help. Die ouens is opgewonde oor die kans om ’n slag hier te wen en dit is ’n goeie teken.

“Ons speel lankal nie meer net met emosie nie, dit is ’n werk ook.

“En ons weet Saterdag is ’n belangrike dag op kantoor.”

Volgens Matfield het hulle nie vooraf wedstryde bepaal wat hulle moet wen nie. “Dit werk nie. Ons het dalk verlede jaar aanvaar ons gaan teen die Crusaders op hul veld verloor en toe ons die kans kry om hulle wel te klop, was ons nie reg ingestel nie.”

Hulle wil bly verbeter, sê hy.

“Die ouens wil bekers wen. Om dit reg te kry, moet ons elke week verbeter, maar dit is nie nuus vir ons nie.”

Intussen het die Blues se afrigter, Pat Lam, gesê hulle het maniere om die Bulls se rolmaalbeweging te stuit.

“Die ouens moet egter as ’n eenheid werk om dit te stop. Elkeen van hul spelers het ’n spesifieke taak in daardie rolmaal, so jy kan op individue ook fokus om dit op ’n wettige wyse te stuit.”

Die Bulls se span is: Zane Kirchner, Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Francois Hougaard, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Victor Matfield (k), Danie Rossouw, Werner Kruger, Gary Botha, Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Bandise Maku, Bees Roux, Flip van der Merwe, Derick Kuün/Jaco Engels, Jacques-Louis Potgieter, Jaco van der Westhuyzen, Pedrie Wannenburg.

Lees meer oor: super14  |  bulls camp

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.