Ludeke: Statistieke beteken niks
2010-05-25 12:06
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria – Bulls-breier Frans Ludeke glo die feit dat die span met die beste verdediging in vanjaar se Super14-reeks, teen die beste aanvallende span te staan kom, niks gaan beteken wanneer die Stormers en Bulls mekaar Saterdag in die eindstryd op die Orlando-stadion in Soweto pak nie.
Die Stormers het slegs 17 drieë in 14 wedstryde afgestaan, maar hulle gaan teen ‘n Bulls-span span te staan kom wat ‘n reuse 50 drieë in 14 wedstryde kon druk.
Tog beteken hierdie statistiek volgens Ludeke niks sodra die fluitjie Saterdag vir die afskop blaas nie.
“Wat Saterdag gaan saak maak is wie hulle kanse die beste gaan gebruik,” het Ludeke gesê.
“Ons het die hele Super14-seisoen tyd gehad om te oefen vir wat Saterdag gaan gebeur, maar hierdie is ‘n nuwe wedstryd en ons het net 80 minute om die beste daarvan te maak.”
“Ek dink die twee beste spanne in vanjaar se Super14-reeks speel in die eindstryd," het Ludeke bygevoeg.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24