Lions wys hul glo in Kockott
2011-03-17 14:00
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die Lions se afrigter, John Mitchell, het sy span aangekondig wat Saterdag in die Super Rugby-kragmeting teen die Western Force in Johannesburg gaan uitdraf.
Jaco Taute vervang die geskorste James Kamana op heelagter terwyl Rory Kockott weer die nr. 9-trui oor sy kop trek, ten spyte van die besikbaarheid van Jano Vermaak.
Met Doppies la Grange wat beseer is, sal Waylon Murray van buite- na binnesenter skuif met Jannie Boshoff wat op nr. 13 uitdraf.
So lyk die span:
15. Jaco Taute, 14. Lionel Mapoe, 13. Jannie Boshoff, 12. Waylon Murray, 11. Michael Killian, 10. Elton Jantjies, 9. Rory Kockott, 8. Warren Whiteley, 7. Josh Strauss, 6. Derick Minnie, 5. Franco van der Merwe (kaptein), 4. Wikus van Heerden, 3. Patrick Cilliers, 2. Bandise Maku, 1. JC Janse van Rensburg
Plaasvervangers: 16. Martin Bezuidenhout, 17. Kevin Buys, 18. Michael Rhodes, 19. Baywatch Grobbelaar, 20. Jano Vermaak, 21. Burton Francis, 22. Deon van Rensburg
Afskoptyd Saterdag in Johannesburg is 17:05.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24