Lions-truie soek baas
2011-02-11 08:52
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die laaste vakatures in die Lions se Super Rugby-taakmag moet vanaand (Vrydag) gevul word wanneer hulle in Port Elizabeth teen die Southern Kings in ’n laaste oefenwedstryd te staan kom.
John Mitchell, afrigter van die Lions, erken hy wil nog in dié kragmeting na sowat twee of drie posisies vir ’n uiteindelike groep van 30 spelers kyk.
Daarom is dit nie die Lions se sterkste span wat Baai toe reis nie. Die eerstekeuse-span het Woensdag hier op ’n drafstap met Tucuman klaargespeel en begin nou in alle erns vir volgende Saterdag se groot Super Rugby-afskop teen die Bulls voorberei.
“Ons voel ons vorder goed. Almal is fisiek gereed vir dit wat wag,” het Mitchell gesê.
“Soms kan jy sleutelspelers weens beserings in die voorseisoen verloor, maar ons het nie.”
Mitchell het net lof vir Wayne Taylor (kondisionering), Rob Collins (spandokter) en David Leicher (fisioterapeut) vir die wyse waarop hulle verskeie beseerde spelers gereed gekry het.
“Terwyl die res van die groep teen die Kings gaan speel, gaan die span drie dae rus – en dan fokus ons op die Bulls. Ons sal dié stryd met ’n spesifieke ingesteldheid benader. Bygesê, ons sal met nog veel meer intensiteit en groter akkuraatheid as teen Tu- cuman moet speel,” het hy gesê.
Mitchell het ’n paar spelers wat redelik seker van hul Supergroep-plekke is, vir vanaand ingespan. Dit is die voorspelers David Bulbring (slot en kaptein), Ross Geldenhuys (stut) en Michael Rhodes (flank).
Rhodes het Woensdag die eerste keer sedert sy skuif van die Sharks én herstel ná ’n knieoperasie vir die Lions uitgedraf.
Die vleuel Tonderai Chavhanga en senter Jannie Boshoff behoort die paal te haal, maar ’n speler wat in die Baai dopgehou sal word, is Joubert Engelbrecht (21, senter). Mitchell soek nog voldoende reserwekrag op binnesenter en hy toon belofte.
Sy span is vanaand vól melkbaarde.Dit sluit die losskakel Hein Cronjé (20) en twee 18-jarige plaasvervangers, Vian van der Watt (skrumskakel) en Ruan Venter (slot), in.
Die spanne is:
Southern Kings: Tiger Mangweni, Norman Nelson, Siyanda Grey, Wayne Stevens, Paul Perez, Jaco van Schalkwyk, Jacques Coetzee, Morné Hanekom, Mpho Mbiyozo, Darron Nell, Ross Kennedy, Rory Duncan (k), André Schlechter, Hannes Franklin, Ronnie Uys.
PLAASVERVANGERS: Bobby Dyer, Jaco Engels, Barend Pieterse, Boetie Brits, Boela Abrahams, Monty Dumond, Milo Nqoro, Sphephelo Mayaba, Pumlani Nodikita, Lungelo Payi, Nolan Clark, Frank Herne, Matthew Tayler-Smith.
Lions: Marius Delport, Tonderai Chavhanga, Jannie Boshoff, Joubert Engelbrecht, Dusty Noble, Hein Cronjé, JP Joubert, Robert Kruger, Michael Rhodes, Jaco Kriel, David Bullbring (k), Johan Snyman, Ross Geldenhuys, Edgar Marutlulle, Wayne Swart.
PLAASVERVANGERS: Thurston Zimri, Caylib Oosthuizen, Jonathan Mokuena, Renaldo Bothma, Vian van der Watt, Maritz Hoffman, Ruan Dreyer, Ruan Venter, Dale Sabbagh.
Afskop: 19:00.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24