Lions trek nuwelinge nader vir Cheetahs-stryd
2011-05-03 14:55
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Twee nuwelinge maak hul debuut in vanjaar se Super Rugby-seisoen wanneer die Lions Vrydag teen die Cheetahs op Coca-Colapark in Johannesburg uitdraf.
Die nuweling Dylan des Fontain sal op senter in die plek van die beseerde Waylon Murray uitdraf.
Voorlangs sak die 23-jarige Edgar Marutlulle op haker in die plek van Martin Bezuidenhout.
Die losvoorspeler Josh Strauss is ook in die beginspan gekies nadat hy as impakspeler vir die wedstryd teen die Chiefs gebruik is.
Die Lions het besluit om Kevin Buys op vaskopstut te kies vir 'n kwaai stryd teen die kragman van die Cheetahs, Coenie Oosthuizen.
Lions: 15 Michael Killian, 14 Lionel Mapoe, 13 Dylan des Fontain, 12 Doppies La Grange (kaptein), 11 Deon van Rensburg, 10 Burton Francis, 9 Rory Kockott, 8 Warren Whiteley, 7 Joshua Strauss, 6 Cobus Grobbelaar, 5 David de Villiers, 4 Wikus van Heerden, 3 Kevin Buys, 2 Edgar Marutlulle, 1 JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: 16 Martin Bezuidenhout, 17 Patric Cilliers, 18 Franco Van der Merwe, 19 Michael Rhodes, 20 Jano Vermaak, 21 Elton Jantjies, 22 Jaco Taute.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24