Super Rugby

Lions te goed vir Kings in Baai

2011-02-12 08:23
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Port Elizabeth - Dis ook maar goed die Lions het hul groot name by die huis gelos vir Vrydagaand se kragmeting hier in die Nelson Mandelabaai-stadion met die Southern Kings.

Die Lions het die vriendskaplike wedstryd met 30-24 gewen nadat hulle met die rustyd met 22-10 voorgeloop het.

Vir ’n groot gedeelte van die wedstryd het die besoekers die kitaar geslaan.

Dit was duidelik dat die sogenaamde minder bekende spelers van die Lions nie Baai toe gekom het om naam weg te gooi nie.

Die Kings het nes verlede week teen die Cheetahs weer swak begin.

Die besoekers het hul eerste drie reeds in die sewende minuut gedruk toe die sterk senter Joubert Engelbrecht ’n gaping gevind het en deurgedraf het.

Dit was nadat die Kings eintlik op die aanval was, maar die bal ná ’n misverstand in die lynstaan verloor het.

Van daar het die spel na die Kings se helfte beweeg en het die Lions vir ’n tyd lank beheer geneem.

Twee minute ná Engelbrecht se drie het Tonderai Chavhanga, die Lions se blitsige linkervleuel, ook deurgenael vir ’n drie.

Asof dit nie genoeg was nie, het die Lions in die 20ste minuut ’n derde drie gedruk. Dié keer was dit die Lions se ander senter, Jannie Boshoff, wat ’n gaping gevind het.

Dit was in dié stadium verstaanbaar dat die Kings se ondersteuners ongemaklik begin rondskuif het, maar hul span het darem kort voor rustyd teruggeslaan toe die groot stut Ronnie Uys oorgebars het vir ’n drie ná aanhoudende dryfspel deur die tuisspan.

In die kwartier voor die rustyd moes die Kings nog ’n drie gedruk het toe hulle meer manne in die agterlyn gehad het as die besoekers, maar die senter Siyanda Grey te lank aan die bal geklou het.

Die eerste helfte is gekenmerk deur die Lions wat flink op die aanval vertoon het en die Kings wat huiwerig was.

Ook in die tweede helfte was daar tye wanneer die Kings op die Lions se doellyn besluiteloos voorgekom het.

Die tweede helfte het wel ’n baie beter poging van die Kings opgelewer.

Dit was veral toe die loskopstut Jaco Engels sy verskyning as plaasvervanger gemaak het, dat daar skielik meer vuur was.

Engels het dadelik ’n impak in die skrums gemaak en sy teenwoordigheid het sy spanmaats aangespoor.

Die Kings is vir hul veggees met nog twee drieë beloon, maar die Lions het die laaste gelag toe die flank Jaco Kriel 14 minute voor die einde gaan druk het.

Hoewel hulle nie oordonder is nie, het die nederlaag gewys daar wag nog harde werk vir die Kings.

Dis ook duidelik dat die span nog as ’n eenheid moet groei – iets wat sy afrigter, Alan Solomons, juis vooraf gesê het.

Puntemakers:
Lions 30 (22):
Drieë: Tonderai Chavhanga, Jannie Boshoff, Joubert Engelbrecht, Jaco Kriel.
Doelskoppe: Hein Cronjé (2).
Strafdoele: JP Joubert, Cronjé.

Kings 24 (10):
Drieë: Ronnie Uys, Paul Perez, Boetie Brits.
Doelskoppe: Jaco van Schalkwyk, Monty Dumond (2).
Strafdoel: Van Schalkwyk.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Lees meer oor: southern kings  |  super rugby  |  rugby  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.