Lions-stutte lank op kantlyn
2012-03-06 09:39
In-diepte Verslae
Die Rebels het wéér vir 'n skok gesorg toe hulle die Waratahs vir die eerste keer in die geskiedenis van die Super-reeks geklop het.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Johannesburg – Sowat drie maande langs die kantlyn lê vir die Lions-staatmaker JC Janse van Rensburg voor nadat hy toonligamente in die Super-nederlaag teen die Hurricanes geskeur het.
Dié 26-jarige loskopstut is sedert 2009 ’n gevestigde lid van dié rugbyspan en het veral sedert die koms van John Mitchell as afrigter in ’n stut van gehalte ontwikkel.
Boonop was die nuus oor sy plaasvervanger, CJ van der Linde, se besering Maandag ook nie juis vertroostend nie.
Dié Springbok se liesbesering gaan hom vir sowat vier weke buite aksie hou nadat hy in slegs sy tweede Super-wedstryd vir die Lions beseer is.
Hy behoort weer in April te speel.
Van der Linde (31) het sedert sy buiging in Super-rugby – in 2004 – nog net in 52 wedstryde gespeel aangesien beserings hom dikwels gekortwiek het.
Benewens Jacobie Adriaanse en Caylib Oosthuizen kan Ruan Dreyer, wat vir die Universiteit van Johannesburg in die Varsitybeker-reeks speel, ook in aanmerking kom om as stut te sak.
Die huidige vaskopstut in die beginspan, Patric Cilliers, se rol het in die lig van dié beserings van nog groter belang vir die Lions geword.
Gelukkig vir Mitchell se span het hy die 2012-seisoen baie sterk begin.
Benewens Janse van Rensburg en Van der Linde, is die eerstekeuse-haker, Bandise Maku, ook voor die reeks met ’n langtermyn-besering buite aksie geplaas.
Die minder ervare Callie Visagie en Martin Bezuidenhout moes intussen die nr. 2-trui dra.
- Christo Buchner berig dat Willem Alberts reg sal wees om Saterdag in Durban teen sy oud-spanmaats te speel.
Hy sal óf in die Sharks se beginspan wees óf speelkans vanaf die plaasvervangersbank kry.
Die vleuel Odwa Ndungane en die senter Tim Whitehead oefen ook weer Dinsdag saam met die span en sal oorweeg kan word vir die stryd teen die Lions.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24