Super Rugby

Lions span 50 spelers in twee jaar in

2011-05-10 09:18
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die soektog na ’n Bakkies Botha en ’n Victor Matfield vir Lions-rugby is een van die diepgewortelde probleme waarmee dié Super Rugby-sukkelaars worstel.

Terwyl die Lions-afrigter, John Mitchell, tot dusver vanjaar, ondanks die span se verloorgewoontes, sy bes probeer het om die snoeiskêr te spaar, het hy sy slotpaar telkens verander.

Lynstaanwerk is die grootste kopseer en die meeste spanne maak vanjaar maalvleis van die Lions-lynstane.

Mitchell erken ook dit ontneem sy span telkens die kans om ’n aanval uit ’n goeie posisie te loods.

Franco van der Merwe, George Earle, Wikus van Heerden, Michael Rhodes, David Bulbring en David de Villiers het almal vanjaar speelkans gekry, maar nie een van dié spelers het hulle al gevestig nie.

Die 32-jarige Van Heerden, wat vanjaar van ’n losvoorspeler in ’n slot verander is, verdien van dié spelers waarskynlik vanweë sy hoë werkverrigting die meeste lof.

Van der Merwe is uit die staanspoor as ’n eerste keuse beskou, maar sy spelpeil het gedaal en hy is selfs van die kapteinskap onthef.

Tog is Van der Merwe, Van Heerden, De Villiers en Rhodes die manne wat die toergroep na Australasië gehaal het, maar daar bestaan min sekerheid oor watter kombinasie in die beginspan moet opdraf.

Mitchell het nie met ’n nuwe probleem te doen nie.

Sedert Dick Muir verlede jaar die soveelste “bouproses” begin het, is altesaam 50 spelers deur dié franchise in Super Rugby ingespan.

Die senter Dylan des Fountain het Vrydag teen die Cheetahs die 50ste Lions-speler die afgelope twee seisoene geword.

Dié groep spelers het die Lions slegs een oorwinning in 24 wedstryde besorg.

Altesaam 10 slotte is in dié tydperk gebruik en dit sluit veterane soos Willem Stoltz, Nico Luus en Jacques Lombaard in.

Goeie besit uit die vaste fasette sal ’n voorvereiste vir die Lions op hul Australasiese toer wees wat Saterdag in Canberra met ’n kragmeting met die Brumbies begin.

Dit kan die druk van die Lions se losskakel afhaal.

Saterdag behoort dit weer Burton Francis te wees, met Elton Jantjies en André Pretorius wat ook vanjaar sonder veel sukses in dié posisie gekies is.

Butch James, wat hom Woensdag by die Lions aansluit, kan moontlik Saterdag die 34ste Lions-speler word wat vanjaar onder Mitchell se afrigting vir die span speel.

James behoort ’n plaasvervanger teen die Brumbies te wees.

Muir het verlede jaar 41 spelers in sy span se 13 nederlae in die Super 14-reeks ingespan.

Slegs 14 van dié spelers was vanjaar weer in Mitchell se planne.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.