Super Rugby

Lions sonder Elton, Doppies op Nuweland

2011-01-25 09:56
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Lions gaan Woensdag sonder hul jong Springbok-losskakel Elton Jantjies op die vliegtuig na Kaapstad klim vir die voorseisoense Neo Africa-reeks teen die Stormers en die Sharks.

Jantjies en die staatmaker-senter Doppies la Grange gaan tuis bly en op hul kondisionering fokus sodat hulle slaggereed kan wees vir die begin van die Super Rugby-reeks op 19 Februarie.

Die Lions se afrigter, John Mitchell, sê Jantjies het weens sy betrokkenheid by die Springbokke se toer na Brittanje verlede jaar ’n paar weke se kondisionering misgeloop en daarom gaan hy eers oor ’n paar weke in ’n vriendskaplike wedstryd losgelaat word.

Wat La Grange betref, weet die Lions reeds wat hulle in dié gesoute senter het en daarom gaan die beskikbare reserwekrag vir die binnesenter-posisie teen die Stormers en die Sharks op die proef gestel word.

Jantjies se afwesigheid beteken dat die voormalige Bok André Pretorius waarskynlik as losskakel in Vrydagaand se wedstryd teen die Stormers sal uitdraf.

Pretorius het verlede jaar nog vir die Haaie in die Curriebeker-reeks gespeel en behoort nog ’n Haai-aanwins, Rory Kockott, as sy skakelmaat te hê.

Altesaam 29 spelers gaan na Kaapstad reis en hoewel die meeste van hulle speelkans behoort te kry, gaan Kockott en Michael Bondesio waarskynlik as skrumskakels geweeg word, aangesien Jano Vermaak se vermoëns ook welbekend aan die Lions-afrigtingspan is.

La Grange gaan ’n baie interessante plaasvervanger teen die Stormers hê. Die 19-jarige Jaco Taute, wat in die Curriebeker-reeks as heelagter beïndruk het, gaan straks as binnesenter langs Waylon Murray geweeg word.

Die Blou Bul-aanwins Bandise Maku (haker) en die voormalige Vrystater Lionel Mapoe (vleuel) gaan ook hul buiging vir die Lions teen die Stormers maak.
Mitchell gaan ook ’n paar ander spelers met die oog op hul kondisionering tuis los.

Dit sluit die Nieu-Seelandse heelagter James Kamana, asook Michael Rhodes (slot/flank), David de Villiers (slot), Pat Cilliers (stut) en Wayne Swart (stut) in.

Intussen het die voormalige Springbok- en Leeus-kaptein Francois Pienaar sy tevredenheid met die nuwe ontwikkelinge in Leeus-rugby uitgespreek.

Benewens die span se verbeterde spel onder Mitchell in die Curriebeker-reeks verlede jaar, het die unie ook finansiële spierkrag gekry met die sluit van ’n vennootskap met die Guma-groep en die onlangse titelborgskap van MTN. “Ek dink dit was vir almal sleg toe die Leeus so gesukkel het, selfs vir die spelers en die administrateurs.

“Maar ek volg dit wat by die Leeus gebeur en dit lyk goed. John Mitchell is ’n skitterende afrigter en dit lyk of hy nou ’n lekker span het,” het Pienaar gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24


Lees meer oor: elton jantjies  |  super rugby  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Tony sê... @roelf.campher en CarlikBait Ten minste het my Stormers nog nooit verloor teen die Kings soos 'n sekere ander span nie!!!!!!!!!!! Goodbye you 2 are the weakest links. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.