Lions se sterte weer geknoop
2010-05-08 17:01
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Die Blues het die Lions Saterdag met 56-14 in hul Super14-kragmeting in Johannesburg geklop.
Net 'n handjievol toeskouers op Coca-Colapark moes toekyk hoe die tuisspan vir die twaalfde agtereenvolgende keer stert tussen die bene van die veld gestuur is.
Heelagter Carlos Spencer het twee drieë in die eerste helfte gedruk teen die span waar hy sy Superrugby buiging gemaak het, maar het homself ook 'n geelkaart op die hals gehaal.
Teen rustyd was die telling 24-14 in die guns van die Blues.
Die Blues, wat verlede Saterdag teen die Sharks vasgeval het, het met sewe drieë veral hul gevaarlike agterlyn gewys. Losskakel Stephen Brett het uitstekend geskop om met ses van sy sewe doelskoppe te slaag.
Puntemakers:
Lions: Drieë: Carlos Spencer (2) Doelskoppe:Herkie Kruger
Blues: Drieë: Rene Ranger, Stephen Brett, Albie Mathewson, Tom McCartney, Paul Williams, Joe Rocokoko (2) Doelskoppe: Stephen Brett (6) Strafskoppe:Stephen Brett (3)
Die Lions speel volgende Saterdag teen die Cheetahs en die Blues kom teen die Chiefs te staan.