Super Rugby

Lions se steelballe g'n vloekskoot

2011-03-03 07:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Dat die Lions se lynstaanspringers die afgelope Saterdag vir Andries Bekker-hulle ore aangesit het, was geen vloekskoot nie.

Die mening hieroor in die Lions-kamp is dat harde werk, asook deeglike huiswerk oor die Stormers-rankers, die redes is waarom die Kapenaars Saterdag in die lynstane oorheers is.

Josh Strauss, die bebaarde Lions-flank wat ondanks sy span se naelskraapse nederlaag met 16-19 sy hoogaangeskrewe teenstanders op Nuweland oortref het, meen die lynstaansukses was so beplan.

“Johan Ackermann, wat ons lyn­stane afrig, doen baie navorsing oor ander spanne se lynstane en ons werk ook baie hard aan mededinging,” het Strauss gesê.

Volgens die webtuiste ruggastats.com het die Stormers slegs 64% van hul 14 lynstaan-ingooie bemeester, terwyl die Lions 100% van hul 12 ingooie gewen het.

Dit is ’n groot pluimpie vir die ­Lions, veral aangesien Bekker as een van die beste lynstaanspringers in Super Rugby beskou word.
Strauss het wel gesê dat daar heelwat werk vir die Lions in die lynstane voorlê. Hulle speel môreaand op Coca-Colapark teen die Blues van Nieu-Seeland.

“Daar was steeds daardie rolmaalbewegings van die lynstane af (deur die Stormers) wat ons nie kon keer nie. Ons sal net harder moet werk. As ons dié twee afdelings byeen kan bring, gaan ons dit moeilik maak vir ander spanne.”

Die Stormers se enigste drie, deur Pieter Louw, is ná só ’n rolmaalbeweging gedruk.

John Mitchell, afrigter van die Lions, stem saam met Strauss.

“Die ontwrigting van die lynstane het danksy goeie huiswerk en uitvoering gebeur,” het Mitchell gesê.

“Maar ek gaan nie ’n regmerkie vir ons lynstane gee nie, want ons dissipline met daardie laaste een was ’n probleem waaroor ons (sedertdien) gepraat het.”

Verder is die Lions, soos verskeie ander spanne, die afgelope twee weke gereeld by die skrums met straf- en vryskoppe deur skeidsregters gestraf.

Strauss glo nie dit is vanweë tegniese foute met die Lions se skrum nie.

“Dit is maar moeilik vir die skeidsregters, want hulle is aangesê om die skrums strenger dop te hou. As jy na die wedstryde gaan kyk, sien jy hoe verskillende spanne vir verskillende oortredings gestraf is,” het Strauss gesê.

Die 2011-seisoen het tog goed begin vir die 24-jarige Strauss. Sy welige baard het mense ook aan die gons, maar volgens hom word dié afgeskeer sodra sy meisie eersdaags na Johannesburg trek.

“Dit sou al vroeër gebeur het, maar die verkoop van haar salon daar in die Kaap duur net so ’n bietjie langer as verwag,” het Strauss die rede waarom sy baard by die dag langer word, verduidelik.

Oor die Lions se twee naelskraapse nederlae tot dusver is Strauss nie te bekommerd nie.

“Ons bly positief en niemand is terneergedruk nie. Almal glo in mekaar en in wat hier aangaan. Dit gaan baie meer as dít vat om ons onder te kry.”

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: lions  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.