Super Rugby

Lions se Prins losgelaat

2011-02-09 08:06
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Daar staan geskryf dat jy nie op mense en prinse moet vertrou nie.

Die Lions-losskakel Elton Jantjies is reeds “Prins” gedoop en die konserwatiewe mening is dat hy vanjaar op 20-jarige ouderdom maar nog baie menslik op Super Rugby-vlak sal wees.

Tog glo die Lions-afrigtingspan in Prins Elton, al gaan daar aanvanklik realistiese verwagtinge aan hom gestel word.

Die Lions se losskakel-kroonprins word Woensdagaand die eerste keer in 2011 op die veld losgelaat wanneer sy span hier op Coca-Colapark teen Tucuman van Argentinië speel.

Die Lions-breier, John Mitchell, het Jantjies die afgelope week kondisioneringswerk laat doen terwyl sy spanmaats oefenwedstryde teen die Stormers en die Sharks gespeel het.

“Elton is nou skerper. Hy het omtrent vyf weke se kondisionering agter die blad en nou is dit tyd om sy wedstydfiksheid op peil te kry,” het Mitchell gesê.

Met Doppies la Grange wat vanaand ook sy eerste kans in 2011 kry, is die Lions-agterlyn op die oog af naby aan die een wat die Bulls volgende Saterdag sal pak.

Op heelagter is daar wel ’n proefneming met die Nieu-Seelander James Kamana, maar Jaco Taute kan ná rustyd speelkans kry.

Mitchell stuur waarskynlik ook sy eerstekeuse-agttal op die veld.

Die mededinging om die vaskopstut-posisie sal nietemin daartoe lei dat Patric Cilliers sy kans wil aangryp, met Kevin Buys wat ’n plaasvervanger is.

Tucuman sal wil wys dat Suid-Afrika hom nie net vir 1993 se bloedige vuisgeveg teen die Springbok-toerspan in Argentinië hoef te onthou nie.

Die Argentynse nasionale span kan van 2012 saam met die Sanzar-spanne in ’n uitgebreide viernasies-reeks speel.

Die toekomstige deelname van Argentynse streekspanne in Super Rugby word ook nie uitgesluit nie.

As Argentynse klubkampioen, het Tucuman dus ’n belangrike diplomatieke taak op Coca-Colapark om die rugbywêreld van die krag in Argentynse rugby te oortuig.

* Vanaand se wedstryd op Coca-Colapark begin om 19:00 en kaartjies (R20) kan by die hekke gekoop word.

Die spanne is:

Lions: James Kamana, Lionel Mapoe, Waylon Murray, Doppies la Grange, Michael­ Killian, Elton Jantjies, Jano Vermaak, Dries van Schalkwyk, Josh Strauss, Derick Minnie, Franco van der Merwe (k), George Earle, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Martin Bezuidenhout, Kevin Buys, Wikus van Heerden, Cobus Grobbelaar, Rory Kockott, Burton Francis, Jaco Taute, David Bulbring, Michael Rhodes, Jannie Boshoff.

Tucuman: Lucas Barrera Oro, Alvaro Lopez Gonzalez, Federico Haunstein, Ezequiel Faralle, Nicolás Pintado, Santiago Chavanne, Diego Ternavasio, Lisandro Ahualli, Antonio Ahualli, Ignacio Haunstein, Gabriel Pata Curello, Patricio Gimenez, Bruno Cuezzo, Juan Avila, Roberto Tejerizo. PLAASVERVANGERS: Rafael Garrido, Germán Araoz, Emiliano Coria, Juan Pablo Laggarigue, Dino Caceres, Nicolás Centurion, Facundo Rodriguez Prados, Fransisco Granata, Federico Mentz, Anibal Teran, Sebastian Ponce, Juan Pablo Joya, Diego Mas, Proto Luciano.

Lees meer oor: elton jantjies  |  super rugby  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.