Lions se Jantjies terug in 15-tal
2011-05-25 11:23
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Na hy verlede naweek plek moes maak vir die Springbok Butch James is Elton Jantjies terug in die Lions se beginspan vir Saterdag se Super Rugby-stryd teen die Highlanders in Dunedin.
James is steeds in die Lions se 15-tal en skuif na die binnesenterposisie met die kaptein Doppies la Grange wat die nr. 13-trui sal dra.
Die Lions se afrigter, John Mitchell, het Dylon des Fountain op vleuel in die plek van die beseerde Lionel Mapoe (gebreekte wangbeen) gekies.
Michael Killian het hom ook by sy spanmaats aangesluit nadat hy aanvanklik weens 'n besering nie vir die toerspan gekies is nie.
Maar sal van die plaasvervangersbank diens doen.
Afskoptyd Saterdag is 09:35.
So lyk die span:
15. Jaco Taute, 14. Dylon des Fountain, 13. Doppies la Grange (kaptein), 12. Butch James, 11. Deon van Rensburg, 10. Elton Jantjies, 9. Jano Vermaak, 8. Josh Strauss, 7. Michael Rhodes, 6. Derick Minnie, 5. Franco van der Merwe, 4. Wikus van Heerden, 3. Patric Cilliers, 2. Bandise Maku, 1. JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: Edgar Marutlulle, Jacobie Adriaanse, Warren Whiteley, Cobus Grobbelaar, Rory Kockott, Alwyn Hollenbach, Michael Killian.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24