Lions ondersoek klag van seksuele aanranding
2011-05-30 19:00
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) het Maandag gesê nie die spelers of enige administrateurs is deur die Nieu-Seelandse owerhede gekontak in verband met ‘n speler wat van seksuele aanranding aangekla word nie.
Die Nieu-Seelandse webwerf stuff.co.nz het berig ‘n speler van die Lions was na bewering betrokke by ‘n voorval van seksuele aanranding in Dunedin ná die span se oorwinning van 26-22 oor die Highlanders Saterdag.
Die Lions het onmiddellik ‘n verklaring namens die unie se president, Kevin de Klerk, uitgereik, waarin hulle ontken dat hulle enige kennis van die voorval gedra het.
“Geen direkte kontak van enige owerhede in Nieu-Seeland is nog ontvang nie.”
Die webwerf het berig die polisie het bevestig dat die beweerde aanranding Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind het en dat ‘n 18-jarige vrou betrokke is.
Die vrou is glo ‘n student aan die Universiteit van Otago, wat gekla het dat sy seksueel aangerand is.
Vriende van die meisie by een van die universiteit se koshuise het gesê hulle is gewaarsku om nie oor die voorval te praat nie, het stuff.co.nz berig.
Die polisie het luidens die berig Maandag videomateriaal van ‘n kroeg in die middestad van Dunedin aangevra.
De Klerk het gesê die unie sal naby met die Lions se spanbestuur saamwerk om die verslag te ondersoek.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA