Lions maak 5 veranderinge
2011-03-24 22:00
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Ná die Lions se mees teleurstellende vertoning in vanjaar se Super 15 wil dié span hul veldtog op die regte pad kry in hul wedstryd teen die Bulls Saterdag.
“Ons het nou ‘n geleentheid om terug op die perd te klim en meer ambisieus en toegewyd te wees in ons benadering,” het die Lions-afrigter, John Mitchell, Donderdag gesê.
Mitchell het die span Donderdag aangekondig. Hy het vyf veranderinge aangebring aan die beginspan wat met 27-15 teen die Western Force verloor het.
Hy het ook drie posisionele veranderinge aangebring.
Die voormalige Lions-kaptein Cobus “Baywatch” Grobbelaar sal vir die eerste keer vanjaar in die beginspan uitdraf.
Die Lions-span is:
15. Michael Killian, 14. Lionel Mapoe, 13. Waylon Murray, 12. Doppies La Grange, 11. Deon van Rensburg, 10. Elton Jantjies, 9. Jano Vermaak, 8. Warren Whitely, 7. Derick Minnie, 6. Cobus Grobelaar, 5. Franco van der Merwe (capt), 4. David Bullbring, 3. Patric Cilliers, 1. Bandise Maku, 1. JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: 16. Edgar Marutlulle, 17. Jacobie Adriaanse, 18. Michael Rhodes, 19. Joshua Strauss, 20. Rory Kockott, 21. Andre Pretorius, 22. Jaco Taute.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA