Lions kry skopafrigter
2011-04-04 19:00
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die Lions het tot dusver in die Super Rugby-seisoen te veel maklike strafdoel- en doelskop-pogings gemis en sal ‘n skopafrigter inspan om die span se vaardigheid in dié afdeling van die spel te verbeter, het die Lions-afrigter John Mitchell Maandag gesê.
Dié besluit kom as gevolg van die feit dat die span teoreties byna al hul wedstryde wat hulle tot dusver verloor het sou kon wen as dit nie vir swak stelskopwerk was nie.
“Ek gaan ‘n stelskop-konsultant vir die hele provinsie inbring, aangesien ek voel dit is iets waarop ons van die Cravenweek af boontoe moet verbeter,” het Mitchell gesê.
“Ons gaan so gou moontlik met dié program begin.”
Die afrigter wou nie verklap wie hy vir dié rol in gedagte het nie. Dit beteken ook nie hy was teleurgesteld met die voormalige Springbok André Pretorius se algemene vertoning teen die Reds nie.
Pretorius het Saterdag vir die eerste keer dié seisoen in die beginspan uitgedraf. Die Lions het met 30-25 teen die Australiërs verloor.
“Hy (Pretorius) het beslis die wedstryd vir ons beheer, en dit is wat ek wou gehad het,” het Mitchell gesê.
Die Lions pak komende naweek die Sharks.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA