Super Rugby

Lions ‘kort net vertroue, geluk’

2010-03-10 10:23
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Plumtree kies Michalak op skrumskakel
Plumtree kies Michalak op skrumskakel

Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, het sy span aangekondig vir die vriendskaplike wedstryd teen Boland op Kingspark in Durban.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Pieter Jordaan

Johannesburg - ’n Oorwinning oor die Waratahs is geensins buite die Lions se bereik wanneer die rugbyspanne Vrydag in Sydney in die Super14-reeks kragte meet nie.

Die Lions-afrigter, Dick Muir, en sy troepe glo hulle kan met ’n bietjie meer geluk binnekort spogspanne in die reeks bloedneus gee.

“Ja ons kan wen. En ons voel nog heeltyd dat ons ’n wenkans het,” het Muir Dinsdag oor sy span se nederlae teen die Stormers, Chiefs, Hurricanes en Brumbies gesê.

“Dit gaan net oor selfvertroue. En ons moet dom foute uitskakel, soos die baie strafskoppe wat ons afstaan.

“Bygesê, ’n hele paar skeidsregterbeslissings het sover teen ons gegaan en ons het regtig ook ’n bietjie geluk nodig.”

Behalwe dat die Lions met net 9 punte teen die Brumbies verloor het, is die druk ook groot op die Waratahs om húl spelpeil te lig.

Die Waratahs se eie ondersteuners het hulle uitgejou in Saterdag se oorwinning van 25-21 oor die Sharks.

Dit was grootliks omdat die Waratahs telkens die bal geskop het wanneer die toeskouers aanvallende rugby wou sien.

Hul afrigter, Chris Hickey, het vandeesweek die hoop uitgespreek dat sy spelers die skare Vrydag kan vermaak. Muir se Lions wou teen die Brumbies hul aksiebelaaide benadering voortsit, maar die reënweer het dit verhoed.

’n Mens kan verwag dat albei spanne goeie aanvallende rugby gaan probeer speel as die speelveld droog is.

Die skrumskakel Jano Vermaak en vleuel Wigan Pekeur het hulle intussen by die Lions-toergroep aangesluit.

Volgens Muir sal ’n besluit in die week geneem word oor Vermaak se deelname aan die wedstryd teen die Waratahs.

Die losskakel Carlos Spencer is een van verskeie spelers wat nie in die beginspan teen die Brumbies was nie, wat wel behoort te speel.

“Ja, daar sal ’n hele klomp veranderings wees,” het Muir gesê.

“Dit sal weer nader aan ons oorspronklike beginspan (wat in die eerste drie wedstryde gespeel het) wees.”

- Die Burger

Lees meer oor: lions  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

ardugpc sê... Regstelling, Woensdag was die tweede dag van toets/oefensessie. Wat ons ook nie moet vergeet nie is dat Rubens Barrichello verlede jaar 'n paar keer op no 1 plek gestaan het met die oefensessies, maar met nie veel sukses in die seisoen nie. 'n Mens kan 'n gevoel kry van hoe die karre se betroubaarheid is, maar hier word ongelukkig geen punte toegeken nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.