Lions is g'n bankrot – De Klerk
2012-01-18 12:00
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg – Kevin de Klerk, president van die Goue Leeus-rugbyunie, het ontken dat die rugbyunie geldprobleme het.
Dít 37 dae voor die Superrugby-seisoen afskop.
De Klerk het gesê daar is absoluut geen waarheid in mediaberigte dat die Goue Leeus op die randjie van bankrotskap staan nie.
Gerugte het die afgelope week heen en weer gevlieg oor GumaTAC, die GLRU se voormalige ekwiteitsvennoot, wat dalk stappe kan instel om die Curriebeker-kampioene te likwideer.
"Altmann Allers is ons nuwe ekwiteitsvennoot en ek wil dit kategories stel dat daar geen likwidasie gaan wees nie," het De Klerk in 'n verklaring uit Rusteburg, waar die Lions se oefenkamp is, gesê.
Allers is die eienaar van Glasfit en adjunkpresident van die GLRU.
De Klerk het verder gesê die Guma-groep het nie geld aan die GLRU voorgeskiet tydens hul ekwiteitsvennootskap met die Lions nie.
– Lees meer hier
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg