Lions-haker maak straks Kaapse skuif
2013-01-24 14:06
In-diepte Verslae
Die voormalige Springbok-breier Nick Mallett is glo deur die Sharks genader om die leisels by die hoofafrigter John Plumtree oor te neem.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Lions se haker, Martin Bezuidenhout, kan moontlik deur die Stormers nadergetrek word om in vanjaar se Super-rugbyseisoen te speel, het Sport24 Donderdag berig.
Coetzee het Woensdag onthul dat die 21-jarige haker Scarra Ntubeni tot die middel van April buite aksie sal wees nadat hy 'n operasie aan sy beseerde skouer ondergaan het.
"Daar is besluit, nadat 'n tweede opinie gekry is, dat dit die beste vir Scarra sal wees om vir die operasie te gaan," het Coetzee gesê.
Die Stormers se ander haker Tiaan Liebenberg is besig om goeie vordering met sy rugbesering te maak.
"Tiaan behoort gereed te wees teen die derde week van Super-rugby."
"Op hierdie stadium sou ek sê hy is 60/70% gereed, maar hy het nodig om sy kondisionering te verbeter. Jy kan nie net opdaag en Super-rugby speel nadat jy lank op die krukkelys was nie."
Aangesien die Curriebeker-kaptein Deon Fourie die enigste fikse en ervare haker in die span is, het Coetzee erken dat hy buite die provinsie kyk na 'n ervare nr.2.
"Ons kyk tans na drie moontlike hakers. Sodra iets gefinaliseer word met een van daai spelers, van wie almal tans in Suid-Afrika speel, sal ons dit aankondig."
Coetzee het ook berigte ontken dat die oud-Springbok John Smit in die Stormers se visier is.
"Ek kan vir jou sê dat John Smit beslis nie een van die spelers is met wie ons tans gesprekke voer nie," het hy gesê.
"Hopelik kan ek teen Maandag ’n aankondiging doen nadat die speler by ons oefening ingeskakel het."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24