Super Rugby

Lions-breier se geduld raak op

2011-04-25 11:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg – Die Lions word vandeesweek die laaste span wat ’n loslootjie in die Super Rugby-reeks kry en beklee die laaste plek op die puntelys, maar is eerste om te erken hoeveel tekortkominge hulle het.

Hul hoop om ten minste die Chiefs – wat voor Saterdag se wedstryd op Coca-Colapark laaste van tussen Nieu-Seeland se spanne op die puntelys getel het – te klop, was eindelik vergeefs.

Slegs tuiswedstryde teen die Cheetahs en die Sharks, en ’n genadelose toer na Australasië bly oor vir die Lions en die kans lyk al hoe groter dat slegs die Cheetahs vanjaar ’n Lions-slagoffer gaan wees.

Die Chiefs het Saterdag met 34-30 geseëvier en was dit nie vir ’n indrukwekkende impak deur die Lions-plaasvervangers nie, het die telling erger gelyk.

John Mitchell, die Lions-breier, het laat blyk dat sommige van sy spelers onder die valbyl gaan beland wanneer die Lions die volgende naweek ná hul loslootjie weer in aksie is.

“Ons is laaste om die loslootjie te kry. As ek terugkyk (na die seisoen tot dusver) ontbreek ’n sielkundige gehardheid steeds.

“Ons is steeds sag in ons koppe en daarom kan ons nie weekliks intensiteit na die veld toe bring nie.

Al wat dié wedstryd (teen die Chiefs) benodig het, was intensiteit deur ons verdedigingslinie in die eerste helfte.

“Ek is seker ons sou dan gekry het waarna ons op soek was.”

Mitchell het gesê hy is keelvol daarvoor om verskonings te maak.

“Dieselfde probleme duik elke slag op. Sommige individue laat my geen keuse in terme van my beplanning vir die toekoms nie,” het hy waarskuwend gesê.

“Ek is al lank by hierdie spel betrokke. Jy moet dit (sukses) verdien en op die oomblik doen ons dit nie.”

Saterdag was dit weer swak lynstaanspel, ’n gebrek aan konsentrasie by die afbreekpunte en ’n paar verbroude duikslae wat die Lions geknou het.

Die Chiefs het drie drieë in die eerste helfte en twee ná rustyd gedruk, maar die Lions kon eers laat in die wedstryd twee drieë by Michael Killian se vroeë pragdrie voeg.

Doppies la Grange, kaptein van die Lions, was byna sprakeloos oor sy span se soveelste nael­byt-nederlaag.

“Ons het die hele week daaroor gepraat om vir 80 minute te speel en om nie sagte drieë toe te laat nie. Ons het presies die teenoorgestelde gedoen.

“Dit is teleurstellend. Ja, wat kan ek sê?” was La Grange se terug­blik op gebeure.

Hoewel die Lions-losskakel, Burton Francis, se stelskopwerk goed was, het die afrigter ook gesê sy skakelpaar het nie die soort beheer oor die wedstryd uitgeoefen wat nodig was nie.

Killian en Lionel Mapoe was knap op die aanval, en Cobus Grobbelaar se inklimspel is deur die plaasvervanger-flank Josh Strauss nagedoen.

Maar verder was daar min om oor huis toe te skryf oor die Lions­ se negende nederlaag.

“Dis hoe ons seisoen verloop. Wanneer een ding reggestel word, loop iets anders verkeerd,” het Mitchell gesê.

Puntemakers:

Chiefs 34 (19) : Drieë: Scott Waldrom (2), Romana Graham, Toby Smith, Dwayne Sweeney. Doelskoppe: Stephen Donald (3). Strafdoel: Donald.

Lions 30 (13): Drieë: Michael Killian, Josh Strauss, Cobus Grobbelaar. Doelskoppe: Burton Francis (2), Rory Kockott. Strafdoele: Francis (3). 

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: lions  |  rugby  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.