Super Rugby

Lions, Bulls ‘desperaat’

2011-03-22 07:36
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - “Laat ek jou sê, die Stormers het ons geen guns bewys nie.”

Dít is die Lions-senter Doppies la Grange se reaksie op ’n vraag oor sy verwagtinge vir Saterdag se kragmeting met die Bulls op Loftus Versfeld.

Sowel die Lions as die Bulls het in die naweek bloedrooi gebloos ná teleurstellende vertonings toe hulle onderskeidelik teen die Force en die Stormers vasgeval het.

Dit maak Saterdag se tweede Gautengse derby in vanjaar se Super Rugby-reeks ’n groot stryd, want hul nederlae in die naweek het die druk kwaai laat oplaai.

“Dit gaan ’n klipharde wedstryd wees, want dit is twee desperate spanne.

“Dit hang af wie die oorwinning die meeste wil hê,” sê La Grange.

“Ons sal in die spieël moet kyk en vir onsself vra: ‘hoor hier, wil jy bo uitkom of nie’?”

Dié ervare senter se afwesigheid het Saterdag beslis ’n leemte by die Lions in hul nederlaag teen die Western Force gelaat.
Hy het met ’n ligte enkelbesering gesukkel en die Lions-afrigtingspan wou nie met hom teen die Force waag nie.

Maandag was La Grange weer voluit aan die oefen en het gesê sy span sal slegs weer opstaan indien hy van die houding wat hy teen die Force uitgestraal het, ontslae raak.

“Ons het veral in daai laaste halfuur sonder die attitude wat ons in die vorige westryde gehad het, gespeel.”

Die Lions het in die tweede helfte vir ’n kort rukkie met ’n punt voorgeloop voordat hulle dié voorsprong prysgegee en die Force eindelik met 27-15 gewen het.

“Ons kon nie glo ons het só agteruitgegaan nie.

“Daardie attitude kom by elke speler vanself na vore.

“Ons het dit elke week nog gewys, daarom is ons so ’n bietjie skaam oor hoe ons gespeel het,” het La Grange gesê.
Die vraag is of die gewonde Lions of die gewonde Bulls die gevaarlikste gaan wees?

Sleutelspelers uit albei spanne was in die naweek benede peil.

By die Lions is die losskakel Elton Jantjies veral in die spervuur, maar La Grange glo daar is ander spelers wat ook skuld moet dra.
“Ek dink ek en ons ander besluitnemers op die veld moet hom ’n bietjie meer help.

“ ’n Ou soos Patrick Lambie speel goed by die Sharks, want hy het daardie ondersteuning.

“Op die oomblik maak ons dit nie maklik genoeg vir Elton nie.

“Hy is ’n uitstaande speler, maar hy het net daardie selfvertroue nodig.

“Ons moet sy ondersteuningstelsel wees en hom weer kry om die basiese dinge goed te doen.

“Dan kan ons net vorentoe gaan.”

La Grange se terugkeer behoort ten koste van Jannie Boshoff te gebeur.

Die Lions-krukkelys is tans redelik kort, hoewel ligte beserings aan die gesoute plaasvervanger Cobus Grobbelaar (skouer) en Wikus van Heerden (dyspier) deur die week dopgehou sal word.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lions  |  super rugby  |  bulls  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.