Super Rugby

Leeus in die duister oor aanrandingsklag

2011-06-02 08:12
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg. – Dit is vyf dae sedert ’n Leeu-rugbyspeler na bewering ’n 18-jarige Nieu-Seelandse meisie in Dunedin seksueel aangerand het – en steeds is die Goue Leeus-Rugbyunie (GLRU) en die Leeus-spanbestuur in die duister daaroor.

Die identiteit van die speler is steeds nie bekend nie en daarom meen Kevin de Klerk, president van die GLRU, daar is geen rede tot kommer nie.

Die polisie in Dunedin, waar die voorval luidens berigte enkele ure ná die Leeus se oorwinning verlede Saterdag oor die Highlanders by ’n kroeg plaasgevind het, sou glo beeldmateriaal van ’n kringtelevisiekamera buite die kroeg bestudeer.

Intussen het die Leeus reeds na die hoofstad Wellington vertrek vir hul wedstryd Saterdag teen die Hurricanes.

“As daar enige waarheid daarin gesteek het, sou ons as uniebestuur teen dié tyd lankal daarvan gehoor het, maar niemand het met ons in verbinding getree nie,” het De Klerk gesê. “En buitendien, as dit so ’n ernstige saak was, sou hulle die speler mos nie toegelaat het om na Wellington te reis nie?”

De Klerk het gesê die GLRU het, in die lig van die slegte publisiteit wat met die beweerde voorval gepaard gaan, nog nie self met die Dun­edinse polisie in verbinding getree nie. “My benadering daaroor is dat ons nie iets wil najaag wat nie bestaan nie.”

Intussen het nóg ’n Super Rugby-span sy hande in onskuld gewas oor dié beweerde voorval.

Die Western Force, wat voorheen deur die huidige Leeu-afrigter, John Mitchell, gebrei is, het ook die afgelope naweek in dieselfde hotel in Dunedin as die Leeus tuisgegaan. Die Force meet die naweek met die Highlanders kragte.

“Die Western Force is op geen manier betrokke by die beweerde voorval nie,” het die span se uitvoerende hoof, Vern Reid, in ’n verklaring gesê.

“Die span (Force) is nie deur die plaaslike owerheid gekontak nie en ná ons eie interne ondersoek is ons heeltemal tevrede dat geen lid van die toergroep daarby betrokke was nie.”

Die Nieu-Seelandse webtuiste, stuff.co.nz, het ook intussen berig dat die beweerde slagoffer, ’n student aan die Universiteit van Otago, sedertdien deurgaans ondersteuning kry.

’n Polisiewoordvoerder, Kallum Croudis, het glo gesê die polisie sal eers later vandeesweek ’n verklaring oor die voorval uitreik.

“Ons verantwoordelikhede teenoor die slagoffer weeg in dié sta­dium swaarder as ons verantwoordelikheid teenoor die publiek,” het hy gesê.

Volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.