Lambie, Steyn uit toerspan
2012-07-15 17:59
In-diepte Verslae
Allister Coetzee het die Stormers se nederlaag teen die Rebels as een van sy span se “mees vernederende” oomblikke in Super-rugby beskryf.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Durban – Patrick Lambie en Frans Steyn is die twee opvallende afwesiges uit die Sharks-span wat na Australië sal reis vir volgende week se Super-rugbywedstryd teen die Reds in Brisbane.
Lambie het Saterdag teen die Cheetahs sy enkelbesering vererger, terwyl Steyn as gevolg van ‘n Sanzar-beslissing uit die res van die toernooi gelaat is.
Pieter-Steph du Toit is ook nie meer in die span nie nadat hy ook weer ‘n enkelprobleem opgedoen het. Jean Deysel moes ook uittree.
John Plumtree se manne sal egter deur Steven Sykes en Tendai Mtawarira ‘n hupstoot gegee word.
Die toerspan is: Meyer Bosman, Paul Jordaan, Louis Ludik, Charl McLeod, Frederic Michalak, Lwazi Mvovo, Odwa Ndungane, JP Pietersen, Cobus Reinach, Riaan Viljoen, Tim Whitehead; Willem Alberts, Jacques Botes, Anton Bresler, Craig Burden, Marcell Coetzee, Keegan Daniel (kaptein), Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Wiehahn Herbst, Ryan Kankowski, Jandre Marais, Tendai Mtawarira, Steven Sykes.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA