Super Rugby

Kwaai slag tref Sharks

2012-01-28 07:06
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg – Die Sharks se seisoen het op ’n baie vals noot afgeskop met die nuus dat hul Springbok-stut Beast Mtawarira tot drie maande buite aksie kan wees nadat hy sy enkel Vrydagoggend in ’n kontak-oefensessie gebreek het.

Hy word Saterdagoggend geopereer en selfs vir die nuwe Springbok-rugbyafrigter, Heyneke Meyer, sal dit nie die soort nuus wees wat hy wil hoor só kort nadat hy die leisels oorgeneem het nie.

Volgens die spandokter van die Sharks, Ewoudt van der Linde, was dit ’n fratsongeluk.

“Beast was in besit van die bal en in ’n duikslag op hom het hy skeef op die enkel neergekom en dit gebreek,” het hy gesê.

Vir die Sharks is dit verpletterende nuus om een van hul voorrymanne te verloor net voor die Super-rugbyseisoen begin.

“Dit is ’n kwaai slag vir ons, maar een van daardie dinge wat jy maar moet aanvaar as deel van die spel,” het hul afrigter, John Plumtree, gesê.

“Jannie du Plessis kan darem aan albei kante speel, terwyl Dale Chadwick ’n goeie Curriebeker-seisoen gehad het en nou die volgende stap sal moet neem.

“Ons het darem ook vir Wiehahn Herbst en Julian Redelinghuys, so daar is taamlik diepte onder die stutte.”

Plumtree het ook nie die moontlikheid uitgesluit nie dat daar elders gesoek kan word na ’n loskopstut.

Volgens hom sal die Sharks egter nie vir Eugene van Staden terugkry van sy Franse klub, Biarritz, nie.

“Eugene het gevra om vrygestel te word van sy kontrak met ons en ons sal nie in sy pad staan nie.”

Die Sharks se onderlinge proefwedstryd aanstaande naweek sal nou skielik meer fokus plaas op die stryd in die voorry.

Om die Du Plessis-broers Jannie en Bismarck, asook Mtawarira in die voorry te kon hê, sou ’n groot voordeel gewees het.

Plumtree het ook erken hy moet nog goed sif om sy beste senter-kombinasie, asook slotpaar, te vind voor hul eerste Super-wedstryd, op 24 Februarie teen die Bulls op Loftus Versfeld in Pretoria. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: beast mtawarira  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.