Kiwi-heelagter terug vir Lions
2011-04-07 15:16
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die afrigter van die Lions, John Mitchell, het drie veranderinge aan sy beginspan vir Saterdag se Super Rugby-kragmeting teen die Sharks in Durban gemaak.
James Kamana keer terug op heelagter nadat hy vir drie wedstryde weens 'n gevaarlike duikslag geskors is. Hy vervang die beseerde Michael Killian.
Voorlangs vervang Derick Minnie vir Cobus Grobbelaar wat uit die 22-tal weggelaat is. En George Earle sal in die plek van die slot David Bulbring opdraf.
Mitchell het ook besluit om die voormalige Cheetah-slot David de Villiers, op die plaasvervangersbank te kies in 'n poging om sy span se akkuraatheid in die lynstane te verbeter.
Afskoptyd Saterdag in Durban is 19:10.
Lions:
15 James Kamana, 14 Lionel Mapoe, 13 Waylon Murray, 12 Doppies La Grange (kaptein), 11 Deon van Rensburg, 10 Andre Pretorius, 9 Jano Vermaak, 8 Warren Whiteley, 7 Joshua Strauss, 6 Derick Minnie, 5 Franco van der Merwe , 4 George Earle, 3 Patric Cilliers, 2 Bandise Maku, 1 JC Janse van Rensburg.
Plaasvervangers: 16 Edgar Marutlulle, 17 Jacobie Adriaanse, 18 David de Villiers, 19 Michael Rhodes, 20 Rory Kockott, 21 Elton Jantjies, 22 Jaco Taute.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24