Super Rugby

Kings se Super-deelname weer in gedrang

2011-11-16 07:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

KAAPSTAD. – Die Southern Kings se insluiting in 2013 se Super Rugbyreeks kan opnuut in die gedrang kom.

Etlike rugbybeamptes is van mening dat die Kings se outomatiese insluiting nie in Suid-Afrika se beste belang sal wees nie.

Die kwessie is op ’n onlangse Presidentsforum van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geopper en kan in die eerste week van Desember op die spits gedryf word.

Die OP-Kings se onvermoë om die Curriebeker-reeks se Eerste Liga vanjaar te wen en ’n gebrek aan noemenswaardige transformasie op die speelveld is van die redes wat aangevoer word.

Boonop is twee Nieu-Seelanders – Ross Kennedy en Clint Newland – vanjaar deur die OP-Kings ingespan.

“Is ’n Kiwi (Nieu-Seelander) ’n Oos-Kaapse boorling?” wou ’n rugbybeampte tong in die kies van Sport24 verneem.

Sanzar, die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, het ook vroeër vanjaar by monde van sy uitvoerende hoof, Greg Peters, gesê dat die uitbreiding van Super Rugby nie op die sakelys is nie.

Dit laat Suid-Afrikaanse rugby weer met die dilemma dat die Kings nie ingepas kan word sonder dat ’n bestaande SA Super Rugbyspan in die slag bly nie.

Die spanne uit die Oos-Kaap se vertoningslys op die veld is ’n kopseer.

Die OP-Kings het sleg in die Eerste Liga se eindstryd teen die Boland verloor. Met die SWD en die Grens se posisies onderaan die Eerste Liga se puntelys bygereken, beteken dit dat die Southern Kings uit spelers van Suid-Afrika se 10de, 13de en 14de beste provinsiale spanne sal bestaan.

Suid-Afrika se verantwoordelikheid teenoor Sanzar om sy beste spanne Super Rugby te laat speel, kan óók as argument teen die Kings geopper word.

Een van die moontlikhede is dat die Kings eerder die geleentheid gegun moet word om vir 2013 se toernooi te kwalifiseer.

Presies hoe dit sal geskied, is egter onseker.

“Daar moet ook gekyk word na die ander span wat met die Kings se insluiting geraak sal word. Die besluit moet in Suid-Afrikaanse rugby se beste belang wees,” is aan Sport24 gesê.

Die politieke dimensie aan dié debat is ook baie ter sake omdat die Oos-Kaap se insluiting bevorderlik vir transformasie kan wees.

Die gekleurde spelers wat vanjaar gereeld vir die Kings gespeel het, is Norman Nelson, Mpho Mbiyozo, Siyanda Grey, Tiger Mangweni, Mzwandile Stick, Andile Witbooi, Boela Abrahams en Marcello Sampson.

Michael Green berig dat Grey deur die loop van die seisoen beseer is, maar die streek se beste senter en dus ’n seker keuse was. Stick is gepos omdat sy spelpeil swak was. Die stut Pumlani Nodikita, wat waarskynlik ook gereeld sou speel, het vroeër vanjaar sy nek gebreek tydens die Nasiesbeker-toernooi in Roemenië. Die Kings het daardie toernooi gewen.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby  |  ep kings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.