Killian draf uit teen Blues
2012-05-08 11:07
In-diepte Verslae
Die Cheetahs het twee veranderings gemaak aan die span wat die Southern Kings op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth pak.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Lions het slegs een verandering gemaak aan hul span wat Vrydag teen die Blues op Eden Park in Auckland uitdraf.
Die senter, Alwyn Hollenbach, is op pad terug na Suid-Afrika nadat hy sy knie in die kragmeting met die Chiefs beseer het.
Michael Killian draf vir die eerste keer vanjaar in die beginspan uit wanneer hy die nr. 11-trui Vrydag oor sy kop trek.
Ruan Combrinck sal Killian op die plaasvervangerbank vervang.
Anthony Volmink is op pad na Nieu-Seeland om Hollenbach in die toerspan te vervang.
Afskoptyd Vrydag is om 09:35.
So lyk die span:
15. Andries Coetzee, 14. Deon Van Rensburg, 13. Lionel Mapoe, 12. Jaco Taute, 11. Michael Killian, 10. Elton Jantjies, 9. Ross Cronje, 8. Joshua Strauss (kaptein), 7. Grant Hattingh, 6. Derick Minnie, 5. Ruan Botha, 4. Franco Van der Merwe, 3. Patric Cilliers, 2. Callie Visagie, 1. JC Janse van Rensburg
Plaasvervangers:
16. Martin Bezuidenhout, 17. CJ Van der Linde, 18. Cobus Grobbelaar, 19. Jaco Kriel, 20. Tian Meyer, 21. Ruan Combrinck, 22. James Kamana.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24