Kankowski vol vertroue
2011-05-26 21:48
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die uitdaging is moontlik een van die taaiste wat hy nóg in sy tyd in Durban beleef het, maar die Springbok-agtsteman Ryan Kankowski is vol vertroue dat die Sharks daar sal wees wanneer die Super Rugby-toernooi die uitspeelfase bereik.
“Ons is steeds in ‘n posisie waar dit (‘n plek in die uitspeelwedstryde) in ons hande is,” het Kankowski gesê.
“Ons moet nou ons oorblywende wedstryde wen, so dit is bloot ‘n kwessie van daar buite kom en die werk doen.”
Die agtsteman sal egter nie ‘n rol speel in sy span se laaste groepwedstryd op sy tuisveld teen die Waratahs speel nie, aangesien hy nog van ‘n besering aan sy wangbeen herstel.
Hy sal na verwagting weer beskikbaar wees vir volgende week se wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein.
In ‘n Super Rugby-verhaal wat teen dié tyd al te bekend klink, het die Sharks van ‘n posisie waarin hulle een van die gunstelinge was om die toernooi te wen, gesak na ‘n span wat sterk sal moet eindig indien hulle die kwarteindronde wil haal.
Kankowski het gesê verlede week se nederlaag van 23-32 teen die Bulls het die span gedwing om afdelings van die spel waarin hulle sal moet verbeter, te oorweeg.
“Die ouens het regtig hard gewerk sedert die nederlaag en het ‘n bietjie introspeksie gedoen om dit weer op te tel die naweek teen die Waratahs.”
“Daar was nie ‘n enkele speler in ons span wat gelukkig was met die manier waarop hulle verlede week gespeel het nie. Die afrigter het die ouens gevra om na hulself en waar hulle graag wil wees, te kyk.”
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA