Super Rugby

Kan die Stormers geskiedenis maak?

2010-05-22 09:42
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - Ná 14 seisoene, 166 wedstryde, 13 280 minute se rugby en verskeie naam- en trui-veranderinge, kry die Stormers vanaand die kans om geskiedenis te maak deur die eerste keer die eindstryd van ’n Super-reeks te haal.

Die Waratahs is op Nuweland hul teenstanders, met die wenner wat volgende naweek in die eindstryd teen die Bulls of die Crusaders speel.

In die beroepsera het die Kapenaars hul reistog in Super-rugby in 1996 sonder welslae as die Westelike Provinsie begin, in 1998 het hulle as die Western Stormers teruggekeer­ nadat hulle in 1997 nie deelgeneem het nie, en het hulle uiteindelik in 1999 eers die Stormers geword.

Vir al die talentvolle spelers wat die streek al opgelewer het, is die harde werklikheid dat die rekordboeke ’n treurige verhaal vertel.

Al wat van 1998 onthou kan word, is snaakse truie en die Stormers se eerste halfeindstryd – in 1999 – het in ’n debakel oor wedstrydgeld en bonusse op die oggend van die wedstryd ontaard.

Dít het dié stryd teen die Highlanders ontspoor.

Die enigste ander halfeindstryd was in 2004 in Christchurch, en dit het ook in ’n nederlaag teen die Crusaders geëindig.

Desnieteenstaande stap meer ondersteuners oor die jare deur Nuweland se hekke as by enige ander Super-span se tuiste.

Dit vertel die verhaal van ’n uiters lojale ondersteunersbasis en dis juis waarom die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, trots is op wat sy span vanjaar kon vermag.

“Dis wonderlik vir die Kaap, regtig fantasties,” sê hy oor die Stormers se eerste halfeindstryd op Nuweland sedert 1999.

“Daar was maer jare en vir die geharde WP-ondersteuner, wat selde iets gehad het om oor te skree, is dit veral goed. Dis waarom ek so trots op die span is – dat ons die stoere ondersteuner kon gelukkig maak.

“Die opgewondenheid in die Kaap is fantasties. Die Kaap en sy mense verdien dit.”

Coetzee het egter al ná verlede week se sege oor die Bulls gesê dat die Stormers tot op hede nog niks bereik het nie.

Klop hulle die Waratahs, sal dit ’n roemryke stukkie geskiedenis in Kaapse rugby wees. Die Stormers sal deur meer as 48 000 fanatiese ondersteuners aangepor word.

“Dis wonderlik om op ’n volgepakte Nuweland te kan speel. ’n Ou kry eintlik hondervleis, maar die spelers weet dat sodra hulle op die veld kom, dit net die basiese dinge is wat gaan tel.

Jy moet fokus om jou bal in die lynstane te wen, besit te behou en seker maak jou speldissipline is uit die boonste rakke,” sê die breier.

“Dit gaan oor jou posisionering, om nie strafskoppe af te staan nie en dat eerstefase-besit in die lynstane en skrums nie onderhandelbaar is nie.

Jy kan nie die bal direk uitskop van buite jou kwartgebied nie en moet seker maak jy verbrou nie ’n doodvat nie. Ek verwag dieselfde hoë werkverrigting op verdediging as wat nog heel jaar die geval was.”

Sou dinge ontspoor, gaan dit nie weens ’n moontlike staking wees nie. Daar is geen sprake van ’n geldtwis soos 11 jaar gelede nie nie.

Die Stormers is eenvoudig reg om alles te gee om geskiedenis te maak.

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
 

Lees meer oor: stormers  |  super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.