Super Rugby

Kan Bulls bloeding stop?

2011-03-26 11:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Dit was minder as ’n dekade gelede, herinner die gewese Bulls-vaskop Richard Bands ’n mens, dat die Blou Bulle ’n bankrot-unie was en die Bulls van die vloer af moes eet.

Sedertdien het dié span, veral in die laaste ses of sewe jaar, in Bands se woorde, “die unie uit bankrotskap uitgespeel” en ’n puik handelsmerk weer in ere herstel.

Dáárin lê die les vir die Bulls, is wat hy aan hulle sou oordra as hy gevra sou word om aan hulle ’n boodskap te lewer.

Dié oud-Bok het met Sport24 gesels voor die tuisspan se kritieke wedstryd vandag hier op Loftus Versfeld teen die Lions. “Dalk moet die ouens net effens terugstaan en kyk waar alles vandaan gekom het.

Hulle moet hulself afvra of hulle nog vir die span speel en vir mekaar. As daar onenigheid is, moet hulle groot genoeg wees om daardie persoonlike verskille opsy te skuif,” het Bands gesê.

“Kyk in die spieël en vra of jý aan die span gee wat die sukses van die span vir jóú gegee het.”

Sommige ondersteuners sal brom dat die span ná ses weke steeds in derde rat is van waarskynlik te véél in die spieël kyk. Maar dat meningsverskille in die span in die laaste paar weke opgevlam het, is nie ’n staatsgeheim nie.

Die Bulls het nie juis ’n ander keuse as om vandag die Lions met die kous oor die kop terug huis toe te stuur nie. Die Bulls-span vlieg Dinsdag Wellington toe vir wegwedstryde teen die Hurricanes, die Crusaders, die Reds en die Force en as hy nie eens ’n driekuns aan nederlae op Loftus Versfeld kan afweer nie, hoe gaan hy hond haar-af maak in Australasië?

Die Lions ruik die bloed aan die gekweste kampioene en dit kan hulle aanspoor om van hul eie tekortko­minge te vergeet.

Hulle sal ook heelwat selfvertroue put uit die vorige kragmeting tussen dié spanne ses weke gelede toe die Bulls meer as 200 duikslae moes uitvoer om seker te maak die Lions teken nie die wenpunte aan nie.

Sedertdien het die Lions met oorgawe gespeel, al het hulle nie altyd die gewenste uitslae gekry nie. Die besoekers begin ’n identiteit en patroon vind onder John Mitchell se breierskap en verlede week se terugslag teen die Force sou die breier se spanpraatjie nog vuriger gemaak het.

Die Bulls het vandeesweek baie gepraat (met mekaar) en minder geoefen. Hoekom spanbousessies in die sesde week van ’n reeks nodig is vir spelers wat meer as 1 000 Super-wedstryde tussen hulle gespeel het, kan nét die Bulls vandag beantwoord.

Niks anders as ’n oortuigende sege sal verteerbaar of aanvaarbaar wees nie. Hul titel-aanspraak kan vandag al sneuwel.

Daar kan geld verwed word op die feit dat die Lions met oorgawe, passie, dringendheid, doelgerigtheid en visie gaan speel.
Dit is ’n tragedie dat niemand weet hoe die Bulls in hul agterplaas gaan vertoon nie.

Daarvoor was hul spel tot dusver vanjaar te slordig, hul toewyding en veral hul uitvoering van hul spelpatroon te gebrekkig en hul wil om te wen té flou om selfs die mees optimistiese horingdraer in blou klere gisteraand ’n goeie nagrus te gee.

Die spanne is


Bulls: Jaco van der Westhuyzen, Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Wynand Olivier, Bjorn Basson, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Victor Matfield (k), Bakkies Botha, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling. PLAASVERVANGERS: Gary Botha, Rossouw de Klerk, Flip van der Merwe, Danie Rossouw, Derick Kuün, Francois Hougaard, Francois Brummer.

Lions: Michael Killian, Lionel Mapoe, Waylon Murray, Doppies la Grange, Deon van Rensburg, Elton Jantjies, Jano Vermaak, Warren Whiteley, Derick Minnie, Cobus Grobbelaar, Franco van der Merwe (k), David Bulbring, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Jacobie Adriaanse, Michael Rhodes, Josh Strauss, Rory Kockott, André Pretorius, Jaco Taute.
Skeidsregter: Chris Pollock (NS).
Assistent-skeidsregters: Vinny Munro (NS), Fumanekile Yamile (NS).

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: super rugby  |  blou bulle  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.