Super Rugby

Kampioen-Bulls!

2010-05-30 06:55
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Orlando - Skitterend Bulls. Heita Bulls. iNgangalala Bulls. Watter taal jy ook al wil gebruik om dié span mee te besing, doen dit gerus nadat hulle twee jaar ná mekaar hul heerskappy as die voorste span in die Super14-kompetisie bevestig het.

Boonop glimlag Suid-Afrikaanse rugby breed en kan nou ná ’n skouspelagtige en geskiedkundige eindstryd rustig die stokkie vir sokker aangee om die land vir die volgende maand of wat die sport-bewerasies te gee.

Nie net het die gesogte Super14-trofee hier gebly met die Bulls se 25-17-oorwinning oor sy landgenote die Stormers nie, die spel het nóg reuse-spronge gemaak in sy strewe om een vir almal te word.

Gisteraand was die Orlando-stadion uitverkoop, uit sy vel, en die hele Soweto blou.

Pres. Jacob Zuma en sy sport-ministers was hiér om aan eie bas te voel en te sien wat die spel sonder enige politieke inmenging kan regkry.

Die Bulls het geen twyfel gelaat oor wie die kitaar slaan aan die plaaslike rugbyfront nie. Die Super14-trofee, Curriebeker én Vodacombeker staan in die vertoonkas.

Selfs dít het waarskynlik nie dieselfde impak gehad as die besluit om rugby Soweto toe te bring nie.

Daar was weer vervoerprobleme, maar dié keer het vele toeskouers plaaslike taxi’s opkommandeer en ná ’n kuier by nabygeleë sjebiens die stadion volgepak.

Op die veld was sake reeds in die eerste helfte gewen met die Bulls wat 16-3 voor was.

Die puntemasjien Morné Steyn het vroeg sy span laat voorloop met ’n strafdoel en nadat Francois Hougaard goed 40 m deur die Stormers gewals het, was die skrif aan die muur.

Die Bulls was begeesterd en klinies en het eers ná ’n halfuur sy eerste strafdoel afgestaan.

In die tweede helfte het Bryan Habana (wie anders?) ’n aangee van Morné Steyn onderskep en deurgedraf om skielik sy span nuwe lewe te gee en binne trefafstand te bring.

Dit het egter die Bulls aangevuur en Steyn het die Bulls-oorheersing in die skrums deeglik uitgebuit deur een strafdoel ná die ander deur die pale te jaag.

Die besoekers het egter tot die einde geveg en ’n tweede drie gaan druk. Maar toe was die vreugdevure al lankal braaivleiskole.

Die Bulls se tweede agtereenvolgende Super14-oorwinning is ’n stukkie goeie geskiedenis, en die Stormers kan net voortbou op hul eerste verskyning ooit in ’n Super14-eindstryd.

- Rapport

Vir meer hieroor, besoek Rapport.

Lees meer oor: stormers  |  blou bulle  |  super 14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.