Super Rugby

Kaartjie-stormloop laat stelsel byna knak

2010-05-20 06:48
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kobus Pretorius, Die Burger

Kaapstad - ’n Geweldige aanvraag na kaartjies was die rede waarom die kaartjiestelsel vir die halfeindstryd tussen die Stormers en die Waratahs Dinsdag grootliks verlam is.

Ten spyte hiervan is al die kaartjies vir die Stormers se eerste tuis-halfeindstryd sedert 1999 in ’n dag uitverkoop.

Die kaartjiekantoor by Nuweland en Computicket het egter erge vertragings met hul stelsel ervaar.

Volgens Gavin Lewis, woordvoerder van WP-Rugby, is die rede hiervoor die “geweldige verkeer” wat die stelsel ervaar het van mense wat kaartjies koop.

“Ons besef ondersteuners moes in toue staan om kaartjies te koop en vra om verskoning hiervoor. Ons het voor die kaartjieverkope vir die halfeindstryd ’n nuwe bediener aangeskaf.

“Ons is ook besig om na maniere te kyk om die stelsel te verbeter.”

Sarita van Wyk, kommunikasiebestuurder van die Shoprite-groep, wat Computicket besit, het gesê die probleme wat op die Computicket-stelsel ontstaan het, was weens die onvermoë van die Nuweland-kaartjiestelsel om ’n klomp transaksies tegelykertyd te verwerk.

“Die Computicket-stelsel het nie in duie gestort nie. Wanneer Computicket kaartjies namens Nuweland verkoop, word die kaartjies nie op Computicket se eie stelsel gedra nie, maar moet Computicket skakel met Nuweland se stelsel deur ’n afstandskakel.

“Nuweland se kaartjiestelsel het gister gewankel onder die druk van die geweldige aanvraag na kaartjies, en die opeenhoping van transaksies het veroorsaak dat die diensgehalte van Computicket beïnvloed word.”

Sy het gesê ondanks die stadige spoed van die stelsel het Computicket sy totale 9 000 kaartjies vir die halfeindstryd teen gisteroggend 08:00 uitverkoop.

“Computicket is gereeld in konsultasie met WP Rugby oor die kaartjieprobleme,” het sy bygevoeg.

Daar kan moontlik vandag nog ’n klein getal kaartjies aan Computicket beskikbaar gestel word vir die Stormers se wedstryd. “Dit is egter baie min, so mense moenie te opgewonde raak nie,” het Lewis gesê.

’n Aankondiging sal vandag op die Stormers se webwerf, www.iamastormer.com, gedoen word.

Ondersteuners by albei Super14-halfeindstryde in Kaapstad en Soweto kan hulself gereed maak vir goeie weer, berig François Haasbroek.

Nuweland, bekend as die natste voorstad van Kaapstad, gaan die droogste en warmste rugbyplek van die naweek wees.

-Sport24


Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
 

Lees meer oor: stormers  |  super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.